Saturday 30 March 2013

Neels van Jaarsveld

 Neels meng 'n drankie in die Nagskof kroeg op die Binneland stel.


 Neels besig met sy voorbereiding terwyl hy wag om sy grimering te kry voor verfilming.

 Neels op die stel van Binneland.


Die fotos was geneem vir 'n storie wat in Beeld verskyn het.

Storie deur Lourensa Eckard

Jy moet ’n trapsuutjies wees om dit in die vermaakbedryf te maak, meen die akteur Neels van Jaarsveld.

Hy reik sy debuutalbum, The Enormous Dwarf, later vanjaar uit.

“My musiek is, soos ek daarna verwys, gesofistikeerde rap en ek dink sommige mense gaan verbaas wees oor my musikale vernuf,” het hy gister geskerts.

Van Jaarsveld het onlangs van die VSA teruggekeer waar hy en sy meisie gaan vakansie hou het. 

Hoewel hy baie beïndruk was deur die Amerikaners sal hy dit nooit oorweeg om soontoe te verhuis nie. 

“Ek haal my hoed af vir mense wat dapper genoeg is om Amerika toe te gaan, maar ek is baie gelukkig in Suid-Afrika. Ons vermaakbedryf is gesond, so daar is genoeg geleenthede vir my om te kan sê ek is ’n werkende akteur.” 

Van Jaarsveld skryf ook ’n toneelstuk. 

“Dit is vreesaanjaend om op die verhoog te staan. Hoe ouer ek word, hoe banger raak ek. Ek dink dit is omdat ek weet ek beter voorbereid moet wees.”

Dit het al met Van Jaarsveld gebeur dat hy voor ’n teater vol mense sy woorde vergeet het.

“Elke stukkie lewe dreineer uit jou liggaam as jy besef dit is jou beurt om te praat, maar jy het geen idee wat om te sê nie.”

Van Jaarsveld is steeds te sien as dr. Gideon Basson in die sepie Binneland en hy het gesê kykers kan interessante en skokkende ontwikkelings verwag.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Trapsuutjies-Neels-se-CD-en-toneelstuk-kom-20130322

No comments:

Post a Comment