Friday 9 December 2011

My gunsteling vir die jaar


Dit was weer een van daai Sondae waar jy hoop vir 'n rustige dag maar nee, 8:30 lui my foon en ek kry die opdrag om 9:30 in die Jhb CBD te wees vir een of ander ANC presser. En ja presser op 'n Sondag is vir niemand lekker nie, daar aangekom blyk dit toe dat dit nie 'n presser is nie, maar meer 'n optog om die ANC se Eeufeesvieringe wat volgende jaar gehou word af te skop.

Daar was eers nie baie mense nie, seker so 50. Die ergste natuurlik niks veel om af te neem nie. Ek dwaal toe maar rond en kry solank al die belangrike mense op fotos en soek vir iets wat uitstaan. Terwyl ek nog so rondloop en kinders met vlaggies en mense wat daans afneem sien ek die klomp busse wat aangery kom. Van die busse het mense gehad wat by vensters uithang en amper, amper wil uitval in hul opgewondenheid vir die optog, regtig opgewonde, dis Sondag ek bedoel wie sal nie opgewonde wees om deur die strate te stap en die bietjie Sondag oggend verkeer te vertraag nie. Hehehe, ok , ok sarkasme is nie my sterkpunt nie.

Ek stap toe tussen die busse in om van die mense af te neem wat so uithang en op dieselfde tyd word ek amper 'n Nelius pannekoek tussen twee busse. Ja busdrywers het nog nooit regtig omgegee vir voetgangers, nevermind fotograwe wat tussen die busse rondwandel en probeer werk nie.

Op'n stadium kom daar n bus verby en stop langs my met die vrou wat uithang met die drie balonne, ek kyk toe deur my viewfinder en sien die weerkaatsing op die busvenster, ek speel toe so bietjie rond met my exposure om die die meeste detail in die shadows en highlites te kry as wat ek kan. Die rede hiervoor was dat die son so half agter die bus was en dit was bewolk so ja, dis glad nie maklik om detail oorals te kry nie.  Ek het toe 'n paar frames geskiet en die een was vir my die beste met die die vrou net 'n bietjie van die middel af en die ou wat se kop by 'n ander venster uithang.

Die rede dat ek so baie van die foto hou is dat dit mens maak twee keer kyk (met die eerste kyk dink mens amper dat die persoon by die gebou uithang, maar dan word daar eers gesien dat die vensters te klein is en dan eers kan gesien word dat die gebou 'n weerkaatsing is teen die vensters van die bus), ek wil net graag hê mense moet let op die weerkaatsing, persone kan gesien word in die vensters van die gebou en links onder kan 'n persoon (met 'n glimlag) wat binne die bus sit gesien word. Die foto vertel ook die storie met die dat die vrou 'n ANC hemp aan het en die drie balonne die ANC kleure weerspieël.

Ek hoop julle geniet die foto.


Die twee fotos hieronder is ook van dieselfde dag gewees.



No comments:

Post a Comment