Wednesday 26 February 2014

Elma Smit Beeld TV se nuwe aanbieder.

Net 'n paar van die ander fotos wat nie gebruik is in die koerant nie. Het nogals meer van die weier fotos gehou. Ek dink persoonlik die beligting het goed gewerk om 'n meer dramatiese atmosfeer te skep en natuurlik was dit lekker om iemand soos Elma Smit af te neem wat gemaklik en natuurlik voor die kamera is. 



Elma Smit in Beeld se nuwe kantore.
Fotos: Nelius Rademan geassisteer deur Cornel van Heerden



Storie: Carryn-Ann Nel (Beeld joernalis)
Soggens laat weet sy ons wat die dag se nuus is, saans gesels sy dik stukke oor rugby, en nou gaan sy ook die Oscar Pistorius-verhoor vir ons ontrafel.
Die kombinasie van die regstelsel, joernalistiek en sport het Elma Smit laat besluit om van volgende week af Beeld se TV-aktualiteitsprogram oor die Oscar Pistorius-verhoor te pak.
Smit (28) sal die gesprek op BeeldTV lei en met regskenners oor die dag se hofverrigtinge praat.
Om na BeeldTV te kyk hoef jy net ’n digitale intekenaar te wees en na www.beeld.com te gaan.
Smit sê dit was ’n geleentheid waarvoor sy eenvoudig nie nee kon sê nie.
“Dit is ’n perfekte samekoms van al my belangstellings – die regstelsel, joernalistiek en sport.
“Dit sal ook die eerste keer wees dat ek die praktiese toepassing van my regsagtergrond sal kan gebruik.”
Sy is tans ’n aanbieder op die oggendprogram Dagbreek op kykNET, ’n rugby-aanbieder op SuperSport en naweke vervaardig sy die ontbytprogram op 5FM, waarvan sy ook ’n mede-aanbieder is.
Sy het ’n BA-graad in die regte en ’n honneursgraad in joernalistiek.
Die Pistorius-hofsaak gaan die volk aan die praat kry – en oor meer as dit wat op 14 Februarie gebeur het toe Pisto­rius Reeva Steenkamp doodgeskiet het, meen sy.
“Dit is ’n fantastiese geleentheid om die strafproses aan die publiek te illustreer. Ek sal weer ’n bietjie moet gaan swot oor ons strafregstelsel,” sê sy laggend.
http://www.beeld.com/nuus/2014-02-25-elma-lei-gesprek-op-beeldtv


No comments:

Post a Comment