Wednesday 16 October 2013

Double murder in Diepsloot

The toilets where the girls bodies were discovered. 

The toilets where the girls bodies were discovered. 









Storie deur Jody Nel (BEELD JOERNALIS) 

Diepsloot het gister in woede uitgebars nadat dit geblyk het nóg twee kleutermeisies is daar vermoor.
Die niggies Yonalisa (2) en Zandile Mali (3) is moontlik ook verkrag, het genl.maj. Oswald Reddy, bevelvoerder van die Honeydew-polisiëringsgebied aan die Wes-Rand, gesê.
’n Vrou het gisteroggend omstreeks 05:00 op hul lyke in ’n buitetoilet afgekom.
Analisa Mkhondo (5) is verlede maand in dieselfde township verkrag en vermoor. Haar lyk is by ’n vullishoop naby die toilet gekry.
Yonalisa en Zandile is Saterdag van hul huis ontvoer.
Die polisie en gemeenskap het van Saterdagaand tot Maandag na hulle gesoek.
Reddy het gesê die twee sake word nou saam ondersoek. Niemand is tot dusver gearresteer nie.
“Die twee tonele waar die kinders gekry is, is baie na aan mekaar. Die modus operandi is soortgelyk.
“Ons wag vir die uitslag van ’n lykskouing voordat ons die oorsaak van hul dood bekend kan maak. Ek kan wel sê hulle is wreed vermoor.”
Analisa het ook op ’n Saterdag verdwyn. Haar lyk is die Maandag daarna gekry.
Sisanda Mali, Zandile se ma, het haar dogtertjie en Yonalisa Saterdag laas gesien toe sy winkel toe gegaan het.
By haar terugkeer was hulle skoonveld.
“Ek het eers gehoor my kind is vermoor toe die polisie my vanmiddag (gistermiddag) kom sê het.”
Pres. Jacob Zuma het gesê: “Dié gruwelike voorvalle van die uiterste marteling van en moord op ons kinders hoort nie in die samelewing wat ons voortdurend saam probeer bou nie.”
Hy het die gemeenskap gevra om nie die reg in eie hande te neem nie maar die polisie te help in hul ondersoek.
Lizzy Chauke, ondervoorsitter van die South African National Civic Organisation en inwoner van Diepsloot, het gesê: “Analisa se ouers is nou van voor af getraumatiseer omdat dieselfde ding so naby aan hulle gebeur het.”
Hulle bly in die straat waar die niggies se lyke gekry is.
“Ek leef in vrees. Ek is bang om kinders alleen te los,” het Masechaba Tsimo, nog ’n inwoner, gesê.
Nomvula Mokonyane, Gautengse premier, het die Mali-gesin gister besoek. Sy moes ’n ent na die plakkershut loop omdat inwoners die strate met brandende binnebande, groot klippe en betonblokke versper het. Vullis is in die strate gegooi en ’n paar buitetoilette is omgegooi.
“Dit is nie die tyd om te betoog nie,” het sy aan inwoners gesê. “Die gemeenskap moet nou saamstaan en die familie ondersteun.”
Volgens Reddy is niemand beseer of gearresteer nie.



No comments:

Post a Comment