Friday 5 July 2013

The Message (South African Mini Series, but not your usual type!!)


 GARTH BREYTENBACH


 ARNO CARSTENS

 DAVID GOLDEN

 ARNO CARSTENS


ARNO CARSTENS


Jacques and I were privelaged enough to be allowed on set of the The Message while they were filming in Johannesburg. From the couple of hours we spent there I was really impressed with what I saw, cant wait to see the finished product!!

Storie deur Jacques Steenkamp (Rapport Joernalis)

Daar is te veel dramas en komedies en te min aksie op TV, sê ’n Johannesburgse regisseur wat op Facebook byna R100 000 ingesamel het vir sy eie aksie-TV-reeks.

Hope patrone is die afgelope week afgevuur in die strate van Johannesburg toe David Golden (39) die aanvangsepisode van The Message verfilm het. En met ’n tamaai outomatiese geweer in sy hand was die hoofskurk niemand anders nie as die sanger Arno Carstens.

Maar die eintlike geveg lê nog voor: Om R50 miljoen by beleggers te kry om die res van die reeks te voltooi en dit aan buitelandse TV-netwerke te verkoop.

Golden het uitsaaiers soos DStv en die SAUK vergeefs genader met dié storie oor spesiale magte wat ’n kernbom in Soweto onskadelik moet maak.

Jong akteurs soos Carl Beukes (Jozi), Garth Breytenbach (Verraaiers, Bakgat 3), Pallance Dladla (Wild at Heart) en Francis Chouler (Dredd) speel hoofrolle.

Carstens, wat nes die res van die akteurs en kameraspan sonder betaling werk, sê hy het dadelik vir Golden ja gesê.

“Ek het gesê ek wil baie skiet en min praat. Ek train dan al van kleintyd af hiervoor. Dis vir my soos ’n droom wat waar word,” het Carstens met ’n geweer in die hand geskerts.

Golden, die mede-draaiboekskrywer, regisseur en mede-vervaardiger van The Message, sê daar is te veel politiek in die bedryf. “Ek stel nie belang om ’n storie oor vier mense in ’n vetkoekwinkel te vertel nie. Ons wil die gesig van TV en rolprente in Suid-Afrika verander.”


http://www.rapport.co.za/Suid-Afrika/Nuus/Arno-Carstens-is-toe-n-skurk-20130622

The facebook page: https://www.facebook.com/pages/The-Message-Mini-Series/637821139566309?fref=ts

No comments:

Post a Comment