Wednesday 26 June 2013

Richard van As the man behind Robohand




















Wolf and I spent a morning with Rich and his wife Beth while he was busy making a hand for Dylan Laas (12). This was really an eye opener for me!! Rich is really doing amazing work by making these hands for the people that need them. I could just see the difference he made in the life of young Dylan.

Please read the Beeld story and go visit the facebook page of Robohand ?(Address is after the article)



Artikel deur Wolfram Zwecker (Beeld joernalis)

Eers was dit ’n lang, stadige proses, maar sedert die koms van die 3D-drukker lei byna 100 kinders al ’n normale lewe met Richard van As se Robohands, oftewel kunsvingers.
Van As, ’n skrynwerker, het in 2007 twee vingers aan sy regterhand heeltemal en twee gedeeltelik in ’n werkongeluk afgesny. Hy het toe begin soek na kunsvingers of iets om die vingers te vervang, sê hy in sy motorhuis in Randburg.
Die deurbraak het gekom toe hy op die internet ’n reuse-hand gesien het wat deur katrolle en kabels beweeg is.
Die idee was om vingers te maak wat deur toutjies aan ’n plastiese “kous” wat oor die voorarm pas, “geanker” word. Wanneer die mens sy handgewrig na onder buig, verkort die toutjies en die vingers trek saam om byvoorbeeld ’n bal vas te hou. Rekkies aan die teenoorgestelde kant as die toutjies trek die vingers weer reguit as die handgewrig reguit gemaak word.
Van As het ure deurgebring by dokters, ingenieurs en ander wat bereid was om te help en besef watter reusebehoefte daar aan ’n goedkoop, praktiese oplossing is vir mense wat kunsvingers of -hande benodig. “Baie kinders word sonder vingers gebore weens die amniotiese-band-sindroom. Dis wanneer weefsel om die vingers van ’n embrio ‘verstrengel’ raak en bloedtoevoer afsny.”
In Januarie het ’n Amerikaanse maatskappy ’n 3D-drukker geskenk en die “massaproduksie” van plastiese vingers en handstutte kon begin.
Dit duur sowat vyf uur om al die onderdele van die kunshand te druk en tien uur om dit aanmekaar te sit en te pas.
Saterdagoggend was Dylan Laas, (12) van Germiston weer daar om sy nuwe hand te kry.
“Dis ’n baie emosionele oomblik wanneer jou kind die hand aansit en ’n bal optel. Of soos Dylan, wat vir die Germiston- krieketklub speel, soos ’n ‘normale’ kind” krieket speel, sê Dylan se pa, Mark.
Van As maak geen geld uit die vervaardiging van die vingers nie. Mense betaal net vir die materiaal wat gebruik word. “Miskien het ek my vingers verloor om dít te kan doen,” sê hy.

https://www.facebook.com/pages/Robohand/260864887366912?fref=ts

No comments:

Post a Comment