Tuesday 12 February 2013

Lira




Lira and her blind cat Java on a couch in her Randburg Studio.

Shoot done for Beeld.

Artikel deur Anim van Wyk wat in Beeld verskyn het.

 Lira – Suid-Afrika se wêreldklas-sangeres met nege nasionale musiekpryse (Samas) op die kaggelrak – het verlede jaar vir die eerste keer in haar sangloopbaan ’n twee weke-vakansie geneem.

“Eintlik wou ek vanjaar die hele Januarie af gehad het,” sê Lira op ’n bank in haar Randburg-studio, bene in hoë-hoë-skoene gekruis, “... totdat Obama gebeur het.” 

Sy kantel haar kop agtertoe in ’n skitterwit-tande-lag.

Die geleentheid waarvan sy so terloops praat, is een van die inhuldigingsballe wat ter ere van die herverkose Amerikaanse president gehou is. Lira, Mi Casa en Anane Vega (van die Kaap Verdiese Eilande) het die Afrika-vasteland in die VSA-hoofstad verteenwoordig.

“Die bal is beslis nie iets wat ek gesien kom het nie,” sê Lira en lag weer. Haar stem klink jonger as haar 33 jaar of die diep soul-klanke wat sy in ’n treffer soos “Feel Good” uithaal.

“Jy weet, ek dink nie ek het dit al alles ingeneem nie.” Sy staar vir ’n oomblik na die dak. 

“Ek wonder steeds: Girl, hóé, hoe, hoe, hoe, hoe?” ....


Om die res van die artikel te lees gaan na : http://www.beeld.com/In-Diepte/Nuus/Lira-leer-uit-haar-liriese-lewe-20130208

No comments:

Post a Comment