Wednesday 5 September 2012

Brand by Krugersdorp-Wildtuin











Artikel deur Pauli van Wyk wat in Beeld verskyn het op 5 September 2012


Brandbestryders het gister ’n veldbrand by die Krugersdorp-wildtuin geblus met een watertenk en ’n sleepwa wat gebruik word om die leeus water te gee.

Volgens Jannie Rykaart, bestuurder, is dit omdat die Krugersdorp-munisipaliteit aan wie die wildtuin behoort, ná verskeie navrae daaroor steeds nie ekstra toerusting vir die wildtuin aangeskaf het nie.

“Die wildtuin is nie bo-aan die prioriteitslys nie. As ons drie ekstra tenkwaens beskikbaar het met ’n trekker vir elk en vier waterkrane (waar die tenkwaens water tap) verspreid oor die wildtuin, sal ons die tipe brande baie maklik beheer.”

Die veldbrand het omstreeks 11:00 in ’n populierbos begin op dieselfde plek waar ’n Engelse konsentrasiekamp was.

“Ons het van die indringerbos uitgekap en aan die brand gesteek. Dit was goed beheer, maar ’n warrelwind het die vlamme versprei.”

Na skatting het sowat 200 ha van die 1 600 ha-wildtuin afgebrand. Geen diere is beseer en geen geboue is beskadig.


Lees verdere artikels by Beeld.com en kyk die video: 

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/VIDEO-Brand-geblus-met-min-toerusting-20120904

No comments:

Post a Comment