Tuesday 24 July 2012

Trail starts for the Alledged Sunday Rapist

 Shireen De Waal the mother of murdered Louise De Waal.
 Johannes Jacobus Steyn in court taking notes.





 The Bible he brings with him into court.




Storie deur Marzanne van den Berg wat in Beeld verskyn het op 24 Julie 2012


Die verhoor van die vermeende “Sondagverkragter” is tot Woensdag uitgestel ná Dinsdagoggend se getuienis in die hooggeregshof in Thokoza.

Lees Beeld se twiets oor Dinsdag se hofverrigtinge onderaan hierdie bladsy.

Maandag het die 18-jarige meisie wat by Louise de Waal (16) was toe sy op pad na die Hoërskool Die Burger in Roodepoort ontvoer is, in die hof vertel hoe die man gedreig het om haar te skiet as sy nie Louise se arm los nie.

Die verhoor van Johannes Jacobus (Jaco) Steyn vind in die splinternuwe Palm Ridge-hof aan die Oos-Rand plaas.

Steyn word onder meer aangekla van die ontvoering en verkragting van en moord op Louise.

Hy word ook aangekla van die moord op Lazanne Farmer (14) van Pretoria-Wes wat op 5 September 2010 dood is toe sy uit die bakkie gespring het van ’n man wat haar en ’n 16-jarige vriendin ontvoer het. Dié vriendin is later in ’n veld verkrag.

Benewens die twee aanklagte van moord, staan Steyn tereg op 11 aanklagte van verkragting, tien van onsedelike aanranding, een van poging tot onsedelike aanranding, twee van aanranding, tien van ontvoering en een van poging tot ontvoering.

Sy 11 vermeende slagoffers was almal tussen 11 en 18 jaar oud.

Steyn, wat die beskuldigdebank met ’n klein bruin Bybel en papier vir notas betree het, het skuld ontken op al die 37 aanklagte teen hom.

Die 18-jarige meisie, wat ingevolge ’n bevel van regter Sita Kolbe nie geïdentifiseer mag word nie, het vertel hoe Louise op 12 Oktober verlede jaar ontvoer is.

Sy het gesê Louise het bang gelyk en vir haar met haar hande beduie om weg te hardloop en iemand te gaan bel.

“My beste vriendin is van my weggeneem. Ek sal nie sy gesig vergeet nie. Ek sal nooit vergeet wat daardie dag gebeur het nie,” het sy huilend gesê. 

Sy is tydens haar getuienis gister gevra om Steyn uit te wys as die aanvaller. 

Louise se verbrande lyk is op ’n plaas naby Maropeng naby Krugersdorp gevind.

Shireen de Waal, Louise se ma, het in die getuiebank gesnik terwyl sy haar dogter se besittings op foto’s geïdentifiseer het.

Hermanus Mulder, wat ten tyde van Louise se ontvoering en moord op 12 Oktober verlede jaar in ’n kothuis in die Steyns se erf gewoon het, het getuig dat hy dié dag vinnig en net skrams ’n meisie in Steyn se bakkie sien klim het.

Hy het verder getuig hoe twee polisielede later die dag aangeklop het om na Steyn se bakkie, wat op die erf gestaan het, te vra.

Die polisielede het volgens hom ’n vullissak agterop die bakkie gevind met ’n skooltas in. Hulle het ook ’n stuk blouerige lap in die vullisdrom gevind waar hy Steyn vroeër die dag gesien het, het Mulder gesê.

Adv. Anton Lerm, namens Steyn, het Mulder uitgevra of dit moontlik sou wees dat iemand van anderkant die heining af die sak op die bakkie en iets in die vullisblik sou kon gooi.



Beeld artikel with the video can be viewed at: http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/VIDEO-Ek-sal-hom-nie-vergeet-20120723

Keep a lookout as I will be covering the whole case and will be updating my blog daily or as i get time.

No comments:

Post a Comment