Tuesday 13 March 2012

Floris Louw, ontwerper van Nataniël se kostuums en Naledi-wenner









Artikel geskryf deur Anim Van Wyk (Beeld) vir Onder 4 oë wat Saterdag 10 Maart 2012 in Beeld verskyn het. (Hier onder volg 'n uittreksel) 


Die teaterkostuums wat hy vir die kunstenaar en sanger Nataniël ontwerp het, het hom ’n Naledi-prys besorg, vertel Floris Louw. 

’n Yslike maroelaboom groei voor die grasdakhuis op Hectorspruit waar Nataniël se klere-ontwerper deesdae woon. 

Hectorspruit lê langs die N4 in Mpumalanga, vir die meeste mense bloot ’n baken op pad Mosambiek of Krugerwildtuin toe.

Soos omtrent elke huis hier in Sekelbosstraat is die heining van draad. 

Langs die kombuisdeur staan die woorde “Geloof Hoop Liefde” in metaal op die baksteenmuur uitgespel. 

Dis by hierdie deur dat Floris Louw in ’n swart baadjie, hemp met paisley-patrone en toegeknoopte das in die humiditeit uitstap om ons te ontmoet.

Is this the real life? sing Freddie Mercury die begin van “Bohemian Rhapsody” toe Louw se selfoon later in sy binnesak lui. Is this just fantasy? 



Gaan op die link vir die res van die artikel. 


http://www.beeld.com/In-Diepte/Nuus/Alsbehalwe-boring-20120309 


No comments:

Post a Comment