Wednesday 23 November 2011

Pigmee-seekoei by die Johannesburgse Dieretuin






Die Johannesburgse Dieretuin het in Augustus vanjaar aangekondig dat hulle 'n nuwe 13 maande oue Pigmee-seekoei ryker is. Ek en Pauli van Wyk (Beeld veslaggewer) was daar om die storie te doen.

Pauli se storie kan gelees word by http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Aaaag-ou-grootbek-20110811



My Weergawe

Ek gaan nie vir julle jok nie, maar die outjie, is regtig oulik!! As hy net so 'n bietjie kleiner was sou ek hom in my huis gehou het, ek het juis 'n ekstra plek op my dubbelbed vir n troeteldiertjie. Daar is net een ding wat ek moet uitklaar, die outjie is net pigmee teenoor n regte seekoei. Pigmee-seekoeie is steeds groot.

Dit was 'n redelike lang wag by die Dieretuin aangesien die seekoei oppad was van Pretoria af. Met sy aankoms slag was ons eers nie toegelaat om in die hok te gaan nie en ons moes toe maar van die gang wat bo oor die hokke loop fotos neem. Na 'n ruk het ek besluit, nee wat! Die werk nie vir my nie, en het ek een van die personeel gevra of ek nie in die hok kan gaan nie, want van die dieretuin personeel was in die hok.

Hulle sê toe vir my dis reg ek moet net rustig wees in die hok en nie skielike bewegings maak nie. Nou ja "needles to say" was ek rustig, want die gedagte aan 'n koerant opskrif wat lees "fotograaf gebyt deur baba pigmee-seekoei" sou my selfbeeld 'n effe knou gegee het. En natuurlik was daar ander media wat dit sou vaslê vir die res van die land om te sien.

Na ons die baba afgeneem het, word ons toe die geleentheid gegee om vir papa en mama af te neem, ook in die hok. Mmmmmmmmmmm ja!! Ek het mos 'n gesegde wat sê dat ek geen dier vertrou wat groter as ek is nie en die twee was so 200kg groter, elk!!. Darem was Pauli daar om agter te skuil, (ek moet net sê dat die twee so 300kg groter is as Pauli) elke keer as die seekoei lyk of hy iets wil doen dan maak ek net seker dat ek agter my human shield (Pauli) is. Hahahaha. Daar is mos 'n ander storie wat jagters altyd vertel wat gaan " as 'n leeu of 'n buffel of wat ookal jou in die bos storm, moet jy net vinniger as die stadigste ou wees"  Ek belowe julle ek sou nie die stadigste gewees het nie. :)


No comments:

Post a Comment