Wednesday 12 October 2011

Diens lewerings optog Thembelihle 05-09-2011













Thembelihle was my eerste dienslewrings betoging gewees. Met die intrap slag het dit klippe gereën en het die reuk van gebrande bande en biskruit in jou neus vasgesteek. Die polisie het aanhoudend rubber koëls geskiet om die betogers terug te hou van die kruising af (die kruising is een van die hoofpaaie in Lenasia en die betogers het dit probeer blokeer). Van Gooi kan jy daai jong knape ook niks vertel nie. Dis soos om na Dale Steyn op die grens tou te kyk.
Elke nou en dan moes jy koes of n klip tref jou teen die kop.

Die situasie het begin angstig raak omdat nie die polisie of die betogers wou ingee nie, eers met die aankoms van versterkings aan die polisie se kant het dit begin draai en lyk asof dinge rustiger gaan raak. Wel so rustig soos n dienslewerings optog kan raak.

Die polisie het eers op tye in van die klein sy-straatjies opgehardloop terwyl die Nyala voertuig die mense terug gedryf het. So het hulle probeer om die belhammels in die hande te kry en de betogers op te breek.

Na vele probeer slae het dit begin lyk of dit werk en is ons ('n paar fotograwe en polisielede) thembelihle se straatjies in. Van terugval wou die betogers ook niks weet nie en is ons seker drie keer teruggedryf voor ons dieper kon in. Die volgende oomblik hoor ek net "PASOP" en 'n dik ysterpyp gaan naelskraap tussen my en n mede fotograaf verby. Die pyp is blykbaar oor die huise se dakke in ons rigting gegooi. 'n Halwe tree vinniger of stadiger en ek of my mede fotgraaf het nie meer n kop gehad nie. Verder aan met die polisie wat elke nou en dan traan gas skiet om die groepies mense uit mekaar te jag begin die sports.

Op 'n stadium bevind ons groep ons self op n kruising met groepe mense voor en na albei kante van ons, wat besig is om klippe in ons rigting te gooi. Dis toe dat die polisie in ons groep die oproep kry wat se ons moet uit kom die groter groep het weer op die kruising bymekaar begin kom en ons gaan vasgekeer raak. Wel "needless to say" is ons teen n drafstapie daar uit met klippe wat ons aanjaag. Dis toe dat die konstabel aan my regterkant die oneglukke wenner van n halwe baksteen teen die kop is. Val!! nee wat, die man bly toe staan met bloed wat teen sy gesig afloop, en die die liedtjie, eye of the tiger se woorde duik by my op, hehehe, ok wel meer die gedagte van n bokser wat nie n glaskakbeen het nie.

Weer in die hoofpad en oppad na veiligheid word ons skielik bestook met ketties van agter en uit elke systraatjie uit. Wat dit interessant maak is die feit dat mens die klippe hoor maar nie sien nie. Die is toe ook waar ek een teen die elmboog kry, juis omdat ek nie na my mede fotogrraaf geluister het wat my gewaarsku het ek moet kyk nie.

Maar nou ja so loop die hele betoging se dag 1 aan n einde met nog 4 dae se blaf sonder byt in Thembelihle. (Ek vrae solank omverskoning vir die spelfoute, ek neem net fotos en skryf nie graag nie)

No comments:

Post a Comment