Showing posts with label Johannes Jacobus Steyn; Sondagverkragter; Sunday rapist. Show all posts
Showing posts with label Johannes Jacobus Steyn; Sondagverkragter; Sunday rapist. Show all posts

Thursday, 11 October 2012

Talking to the "Monster"



The above three photographs were taken just after Jaco Steyn was sentenced. It was in the holding cells underneath the court house. 

How we got the interview

Steyn called me one day in court when he was escorted out and told me that he would like to give us an exclusive interview after the court case was done. So the day came when he was sentenced and we went down stairs to the holding cells after he gave a brief statement to the rest of the media in court. This is where we got a brief incite into the darkness of one mans mind. We only had 20 minutes to do the interview and get photographs so we were very limited on what we could do. But we got some info out of him and I managed to get some photographs, i would have liked to do some more, but on this occasion the s story had preference and I did manage to ask some questions myself. Because I have been covering the case so long there were some things I wanted to know.

The article that was published in Beeld 

Storie deur Pauli van Wyk vir Beeld 21/09/12

Op 15-jarige ouderdom het Jaco Steyn, die Sondagverkragter, vir die eerste keer ’n meisie verkrag.

Hy het dít Woensdag in die aanhoudingselle van die Thokoza-hofgebou onthul terwyl hy gewag het om na die tronk oorgeplaas te word vir sy vonnis van vyf keer lewenslank en ’n bykomende 170 jaar.

Dis die eerste keer dat dié verkragting aan die lig kom. 

Dit is nie in sy verhoor gemeld nie.

Op ’n vraag of al sy verkragtings op die lappe is, het Steyn aan Beeld gesê: “Daar is gevalle, many moons terug, waarvan hulle nie die dockets kon kry nie.” Hy wou nie verder daaroor uitwei nie.

“Ek het op ’n baie jong ouderdom, ek was omtrent 12, omgang gehad. ’n Sielkundige het later jare vir my gesê ek het my seksuele piek in dié tyd bereik. Dit was sy rede waarom ek daardie ouderdom meisies verkies.”

Franco Visser, ’n kliniese sielkundige, het ter strafverswaring getuig Steyn is onrehabiliteerbaar, met baie swak beheer oor sy drange en kan sy misdadige gewoontes nie stop nie. 

Ao. Peet du Toit, ondersoekbeampte in die saak, het Steyn op 13 Oktober 2011, ’n dag ná die moord op Louise de Waal, oorreed om hom in Margate aan die polisie oor te gee.

Visser het gesê as Du Toit Steyn nie aangekeer het nie, sou hy met sy misdade voortgegaan het. “Die kans dat Steyn in die toekoms seksueel gewelddadige misdade sal pleeg, is hoog.”

Steyn is ’n psigopaat, ’n gewoonte-leuenaar, manipulerend, voel min of geen berou vir die slagoffers van sy misdade nie en het ’n sterk behoefte aan beheer en mag, het Visser getuig.

“Steyn sien homself as die eintlike slagoffer... Hy hou daarvan om die blaam na iemand anders te verskuif sodat hulle verantwoordelikheid vir sy eie gedagtes en gedrag aanvaar.”

Steyn het net ná sy vonnisoplegging aan joernaliste gesê hy kry swaarder as sy slagoffers.

Hy het ook erken dat hy ­Louise wel verkrag het.

Regter Sita Kolbe het hom vrygespreek op dié aanklag weens ’n gebrek aan bewyse.

In die aanhoudingselle het hy gesê: “Ek weet nie of ek weer sou vermoor het nie, maar ek sou waarskynlik nog een of twee ontvoer het.

“Ek het nie lekker gevoel op die dae wat ek meisies ontvoer en verkrag het nie. Elke aand ná die tyd het ek op my knieë gegaan en gesê: ‘Here, stop my, ek kan nie meer nie.’

“Dis iets wat jy nie wil doen nie, maar daar is hierdie dryfkrag in jou wat jou dryf om dit te doen. Dis soos ’n ou wat nie weer ’n fix wil vat nie, maar voor jy jou kom kry, gaan doen jy dit weer. Dis ’n verslawing.”

Hy het die vinger telkens na sy vervreemde vrou en Du Toit gewys.

“Weet jy hoe dit voel as die vrou vir wie jy so lief is, jou wegstoot en sê sy wil nie met my seks hê nie?” het hy snikkend gevra.

“Dink jy nie hierdie het aanleiding gegee dat ek sulke dade doen nie? Ek kry nie bevrediging by die huis nie.”

Visser het getuig Steyn voel so wrokkig teenoor sy eksvrou dat hy haar waarskynlik leed sal aandoen. 

Oor Du Toit het Steyn niks goeds te sê gehad nie. 

Hy het die polisieman daarvan beskuldig dat hy die brief aan ’n vriendin, waarin Steyn die ontvoering, verkragting en moord op Louise beskryf, op ’n onwettige wyse in die hande gekry het.

Adv. Anton Lerm, vir Steyn, het gedurende die vonnisverrigtinge beswaar aangeteken teen die brief wat ter strafverswaring gebruik is, maar het sy beswaar later teruggetrek en die brief is as getuienis aanvaar.

Steyn is op een klag van moord, nege klagte van verkragting en tien klagte van ontvoering skuldig bevind.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/VIDEO-In-n-monster-se-kop-20120921

Wednesday, 19 September 2012

Sondagverkragter Uitspraak

Steyn die dag net voor uitspraak in die hof.

My weergawe.

Soos almal weet volg ek die Sondagverkragter verhoor nou al van Februarie af. Ek moet sê die was een van die mees uitdagingste stories waarop ek nog gewerk het. Nie net die fotografiese uitdagings nie, maar ook die emosies waardeur mens gaan, nie net my eie nie, maar die families wat betrokke was en geraak was deur die saak. Al wat ek kan sê is dat ons almal bly is die uitspraak is gegee en die hoofstuk kan amper afgesluit word. Kyk uit vir my volgende blog oor die uitspraak. 

Steyn wag om die uitspraak te hoor.






Henriette Farmer die suster van Lazanne Farmer in die hof tydens die uitspraak. (Ek sluit die fotos van die Farmer en De Waal gesin in om te wys watse invloed Jaco Steyn in hulle lewens gehad het.)

Shireen De Waal en Jessica Du Toit tydens die Uitspraak.



Shireen De Waal het in die tee breuk na voor gekom en Jaco Steyn gekonfronteer en die volgende vir hom gesê:
"Jy het my dogter vermoor. Kyk my in die oë. Jy sal boet vir wat jy gedoen het, ek wil hê jy moet pyn ervaar vir wat jy gedoen het.” 


Steyn gesels met die media na hy skuldig bevind is op 33 van die 37 aanklagtes.

Steyn raak emotioneel terwyl hy gepeper word met vrae na sy skuldigbevinding op 33 aanklagtes.


Storie deur Pauli van Wyk wat in Beeld verskyn het op 18 September 2012

Shireen de Waal, ma van Louise, ’n slagoffer van die Sondagverkragter, het gister woedend in die hof op hom afgestorm nadat hy skuldig bevind is aan moord op en ontvoering van haar dogter, maar onskuldig op ’n aanklag van verkragting.

Die Sondagverkragter, Jaco Steyn, is gister skuldig bevind op 33 van die 37 aanklagte teen hom.

De Waal het Steyn in die teepouse bestorm en gegil: “Jaco Steyn, ék is Louise de Waal se ma. Jy het my dogter vermoor. Kyk my in die oë. Jy sal boet vir wat jy gedoen het, ek wil hê jy moet pyn ervaar vir wat jy gedoen het.” 

Hy het haar nie in die oë gekyk nie, maar na joernaliste om hom.

De Waal het buite die hof gesê sy is baie ontsteld.

“Louise wás ook verkrag. Wat anders het hy vir twee uur met haar gedoen? Dít is waarom hy haar ontvoer het! Ek is rêrig ongelukkig.”

Regter Sita Kolbe het die uitspraak in ’n stampvol hooggeregshof in Thokoza gelewer.

Louise is omstreeks 07:30 op 12 Oktober 2011 ontvoer. Haar lyk is omstreeks 10:30 dieselfde dag in ’n veld in die Maropeng-gebied aan die brand gesteek.

Die vriendin wat destyds saam met Louise was toe sy ontvoer is, was ook gister in die hof en het bitterlik begin huil die oomblik toe Steyn by die hof inloop. Sy het weer begin huil toe Kolbe getuienis aangehaal het oor hoe Louise dood is. Haar ma het haar deurentyd getroos.

Kolbe het in haar uitspraak gesê hoewel die staat net omstandigheidsgetuienis ingedien het, was dit genoeg om Steyn bo redelike twyfel aan die meeste van die klagte skuldig te bevind.

“Steyn is ’n selferkende leuenaar,” het Kolbe gesê. Sy het verwys na Steyn se selfoonrekords wat hom telkens op die misdaadtonele geplaas het.

Kolbe het ook bevind Steyn is skuldig aan strafbare manslag op Lazanne Farmer, en nie moord nie soos in die klagstaat aangeteken.

“Die staat het die dood van Lazanne nie bo redelike twyfel as moord bewys nie, maar wel strafbare manslag,” het Kolbe gesê.

Lazanne se oudste suster, Henriëtte Farmer, was in die hof tydens dié uitspraak, maar haar ma, Anna, het nie kans gesien daarvoor nie.

Lazanne is op 5 September 2010 dood ná sy teen 60 km/h uit ’n bewegende voertuig gespring het. Steyn het Lazanne se 16-jarige vriendin, wat ook ontvoer is en nie kon ontsnap nie, later verkrag en gedwing om drank te drink, is bevind. 

Buite die hof het Henriëtte gehuil. “Ek sou graag wou hê dit moes moord gewees het. As hy haar nie gekidnap het nie, was sy nie dood nie. 

“Hoekom het jy my sussie gevat? Ek hoop hy rot... ek hoop hy rot in die tronk...” het sy baie hartseer gesê.

Adv. Anton Lerm, vir Steyn, het gistermiddag gevra dat sy vonnisse gelyktydig uitgedien word.

Die staat sal môre getuienis ter strafverswaring aanbied.



Gaan lees die res van die artikels oor die Sondagverkragter op Beeld se webwerf en kyk na die videos.
http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/VIDEO-Kyk-vir-my-Jy-sal-boet-20120918

Tuesday, 28 August 2012

Day 12 & 13 of the Alledged Sunday Rapist Trial

Dag 12

'n Ontstelde Jaco Steyn na hy kommentaar gegee het en gese het dat al wat hy sover oor sy saak gelees het was 'n storie in huisgenoot en Rapport en veral die storie oor sy eks vrou.

'n Ontstelde Jaco Steyn verlaat die hof.

Steyn kyk na 'n artikel oor die hofverigtinge op 'n joernalis se iPad na hy gevra het of hy daarna kan kyk en die artikel lees.

Steyn draai om en begin gesels met die joernaliste en fotograwe in die hof.

 Steyn gesels met Beeld Joernalis Pauli van Wyk en Sapa joernalis Maryke Vermaak.


 Steyn gesels met Maryke vermaak, joernalis vir Sapa.

Steyn luister na 'n gesprek tussen Pauli van Wyk (Beeld Joernalis) en Maryke Vermaak (Sapa joernalis) na die hof verdaag het vir die dag.


Die saak was uitgestel na die staat hulle saak gesluit het. Adv Anton Lerm het gevra vir 'n dag tyd om met Steyn te konsulteer.

Dag 13 

 





Steyn verlaat die hof op Dag 13, die saak was uitgestel tot Maandag 27 Augustus 2012, Adv Anton Lerm het gevra vir nog tyd om te konsulteer met sy klient. So dit was 30min van hof gewees.

As julle verder wil lees gaan kyk na die onderstaande artikels van Pauli van Wyk in Beeld.

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/God-kyk-na-my-se-Steyn-20120822

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Sondagverkragter-Staat-se-laaste-getuie-20120822

(Ek vra omverskoning, die fotos is bitji deurmekaar opgelaai so die gebeure volg nie lekker opmekaar onder die dad 12 nie)

Wednesday, 22 August 2012

Day 10 & 11 of the Alledged Sunday Rapist Trail

I tried some different angles this week in court as it was day 11 of week 3. Here I was lying on my back shooting upwards as Steyn was leaning over to chat to Adv Anton Lerm. 

















My story

Im not gonna go into much details of the court proceedings but ill rather give my version of the happenings in court.

On Monday Mr. Steyn entered the courtroom and greeted me, so I responded and greeted him back. He also asked how my weekend was and the time away from court. I replied it was ok just busy at work as usual ext ext.

On Tuesday he was again much more relaxed in court and chatted some more to some  journos and me and again asked me for some Coka Cola and laughed. He also said that I must have enough photos of him by now. I said yeah over a thousand or so. He also said that he remembered me from his first appearances in Krugersdorp and that he was very angry at me for shoving my lens so close to his face in getting my photo. He then added that he is not angry any more he knows why we do what we do.

When I got back to the office today I was asked to do a video interview about my experiences covering the case. You can view it on the link below.

http://www.youtube.com/watch?v=a7mW7alMAcI&feature=plcp


For more on the story go read the stories by Pauli van Wyk in Beeld :

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Sondagverkragter-15-jarige-getuig-oor-voorval-20120820

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Sondagverkragter-18-jarige-onder-kruisverhoor-20120821

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Identikit-help-Steyn-vastrek-20120820