Friday, 9 March 2012

The alleged Sunday Rapist stands accused on 37 counts.









Mr. Johannes Jacubus Steyn the alleged Sunday Rapist appears in the Krugersdorp Magistrate Court on the 7th of March 2012.

Off to Krugerfornia (Krugersdorp) again for Mr Steyn the all alleged Sunday Rapist. Speakijg of bleu Mondays, this was a proper blue Tuesday. With Mr. Steyn waiting for the Magistrate to enter first before he made his way up to court. The reason for him doing this was that we are not allowed to photograph or record anything while the magistrate is in court. Normally we get about 30 seconds when they bring the suspects up and then the magistrate enters. So this time around we were not getting our shots and well when we get to the office no excuses of why you got a shitty pic is gonna cut it.

So the first time Mr. Steyn entered the court it happened then the his attorney with drew because of lack of funds. The the court quickly adjourned for 5 minutes to allow Mr. Steyn to get legal aid. This was when i asked the Police officer why they are protecting him and not bringing him into court as usual. " No dont worry next time" so I said ok. Next time around same thing.

Now my blood is boiling as well as the other photographer present at court. Luckily the lawyer had to quickly consult about something with Mr. Steyn and so he would be coming back up the stairs again soon. (I should probably just state that the magistrate as well as the accused leaves the courtroom every time the court adjourns for what ever reason.) I walked offer to the police officer again and told him " please sir we really need pics and protecting him is't helping anyone, so please give us a chance otherwise someone is gonna start photographing while the magistrate is in court, (and yes my words weren't as polite as it sounds now)" so the police officer said ok hell try and stall for 30 seconds.

On the last time then that Mr. Steyn entered the Krugersdorp Magistrate Court before his case got moved to the Johannesburg High Court his eyes went wide open as he saw the magistrate was not yet in court. And yes we at last had time a plenty to get our pics.

So these images above are the fruits of my "30 seconds of labour"





Die Afrikaanse Artikel hieronder is geskryf deur Marzanne van de Berg (Beeld Joernalis) en het in Beeld verksyn op Woensdag 8 Maart 2012


Die vermeende “Sondag-verkragter” sal in Julie in die hooggeregshof in Johannesburg op 37 aanklagte met betrekking tot 11 slagoffers teregstaan.

Streeklanddros Keith Page het gisteroggend in die Krugersdorpse streekhof die akte van beskuldiging aan mnr. Johannes Jacobus Steyn (35) voorgelees voordat hy die saak na die hooggeregshof verwys het.

Steyn het geweier om die trappe van die selle na die hofsaal te bestyg toe hy sien dat TV-kameras en fotograwe op hom wag. Hy het eers te voorskyn gekom nadat Page ingekom het. Hy het vinnig gestap en afgekyk om die kameras te probeer ontduik.

Steyn het om regshulp aansoek gedoen nadat mnr. Jacques van Heerden om finansiële redes onttrek het as sy regsverteenwoordiger.

’n Prokureur van die Regshulpraad is aan hom toegewys voordat die aanklagte aan hom voorgehou is.

Die aanklagte is twee van moord, 11 van verkragting, tien van onsedelike aanranding, een van poging tot onsedelike aanranding, twee van aanranding, tien van ontvoering en een van poging tot ontvoering.

Hy word onder meer aangekla van die ontvoering, verkragting en moord van Louise de Waal (16), wat op 12 Oktober verlede jaar buite die Hoërskool Die Burger in Roodepoort ontvoer is. Haar verkoolde lyk is later die dag op ’n plaas naby Magaliesburg gevind.

Luidens die akte van beskuldiging was verwurging die oorsaak van Louise se dood.

Steyn word ook aangekla van die ontvoering van en moord op Lazanne Farmer (14) van Pretoria-Wes, wat op 5 September 2010 dood is toe sy uit die bakkie gespring het van ’n man wat haar en ’n 16-jarige vriendin ontvoer het. 

Dié vriendin is later in ’n veld verkrag.

Die ander aanklagte het betrekking op nege ander slagoffers wat almal tussen 11 en 18 jaar oud is.

Die verhoor sal in Julie in die hooggeregshof in Johannesburg begin en daar is twee maande daarvoor opsygesit, het Page gesê. Die staat kan volgens me. Micky Thesner, staatsaanklaer, tot 89 getuies roep.

Page het Steyn gevra of die staat enige getuies moet dagvaar om namens hom te kom getuig. Steyn het nee gesê. 

Steyn het ook aangedui hy wil hê die verhoor moet in Afrikaans, sy moedertaal, voortgaan



http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Louise-Saak-na-hoe-hof-20120307

No comments:

Post a Comment