Wednesday, 26 October 2011

Die "Slag van Schubart Park"

21 September 2011 en die bom bars uiteindelik oor die kopseer wat Schubart Park nou al vir n geruime tyd is. Ek het gehoor van die moontlike probleme wat kan uitbreek na die inwoners die stadsraaad tot 14:30 die middag gegee het om hulle krag en water aan te laat skakel. Hulle water en krag was op daai stadium al vir 2 weke afgesny. Ek het eers die aand na werk deurgegaan Pretoria toe en die foto hierbo en die twee onder wys die omvang van die situasie waarmee ek begroet was. Lekker vet pret soos ons sal sê.

Polisie en metrolede skiet rubber koeëls op na die gebou om die inwoners wat binne is te verhoed om bottels en klippe te gooi wat lede van die polisie, nooddienste en media kan beseer.

Ek en mede fotograaf, Craig Nieuwenhuizen, het n kort ent agter die polisie gestaan toe n bottel uit nêrens langs ons val, ons besluit toe om terug te beweeg en staan toe teen die muur oorkant die pad, dinkende ons is veilig. Die volgende oomblik tref n bottel vir Craig skramps teen sy maag en bars teen die muur. Effens naby is nie die woord nie. Needles to say skuif ons toe nog verder terug. Eers n rukkkie later sink die gedagte by ons in dat n bottel van daai hoogte af jou skedel 'n lelike duik sal gee, en dat jy die wêreld sal groet en eers weer kennis maak met die geliefdes en vriende in die volgende lewe.

Lede van die metro hardloop uit die gebou met kinders in hulle arms. Daar was blykbaar talle kinders wat op hulle eie in van die woonstelle was, terwyl hulle ouers onder op die straat gestaan het. Die metro lede het toe onder "cover fire" die gebou ingehardloop en na die kinders gaan soek, dit het n groot deel van die aand aangehou. Die ouers het darem die vloer asook woonstel nommers gegee.

Mense word gearesteer op die 10de vloer van Schubart Park.

Ons word as koerantfotograwe gereeld gevra hoekom ons doen wat ons doen? Wel die aand was een van die redes. Adrenalien en die feit dat jy jouself op gevaarlike plekke bevind of sit, hang af hoe jy daarna kyk of wag eerder jou beter helfte daarna kyk, en die elke dag nuwe dinge, plekke en mense sien en ervarings hê maak ons werk darem ok, hehe. Daars ook natuurlik die bewusmaking, want sonder die fotos wat ons kry sal mense nie regtig verstaan wat op n gegewe oomblik op n plek gebeur nie, ek bedoel woorde vertel  net soveel maar fotos soveel meer.

Vroër die aand het van die fotograwe saam die polisie die gebou ingehardloop opsoek na kinders en verdagtes. Ek was nie heeltemal seker  of ek wou nie, of wag my voete sou kon kry om in die rigting van die gebou te beweeg nie, want nr 1 dis pik donker daar binne en daar was ook gerugte dat daar onwettige wapens daarbinne was. Soos dinge toe uitdraai en voor ek myself kon vind is ek en nog twee fotograwe, onder "cover fire" saam die n polisie en brandweerman die gebou in. Ja!! instinct what a bitch!! Soos n skaap agterna gaan ek!!

My hard klop in my keel terwyl ons om die hoek loop en hulle vir ons skree "bly onder die dak hulle gooi shit van bo af". Eers soek ons die ingang na die trappe aangesien die huisbakke nie meer werk nie, ek wonder hoekom nie? mmmmmm, seker omdat hulle die kabels gesteel het, nee regtig. Maar nou ja by die ingang van die trappe kyk ek in en sien dis so donker dat die duiwel sal ontuis voel, en die reuk sal ek sukkel om in woorde te beskryf.  

Die eerste 3 vloere op en ek voel nog ok, nog nie dood nie en darem ook nog nie deur n petrolbom verskroei wat volgens my kop enige oomblik deur die donker gat van duisternis wat die deur na elke vloer se gang is gegooi gaan word nie. Mal ek weet, maar hy!!!! Klim jy 'n donker (en met donker bedoel ek donker, as dit nie vir die klein flitsligie was wat die polisieman voor ons vasgehou het nie sou jy regtig nie jou hand voor jou gesig kon sien nie.) stel trappe, waar daar ook nie vensters is nie, na 'n vloer waar jy nie weet wat jy gaan kry nie. Al idee van wat aangaan om ons is die " sounds of silence" saam die stemme wat elke nou en dan uit die duister kom as ons by een van die vloere se oop deure verbygaan. Op gaan ons op benoud of nie, en ek jok nie as ek die sê nie, ek was bang, vir die eerste keer in 'n lang tyd was ek bang. hehehe. Soos 'n wyse vreemdeling vir my eendag gesê het, dis nie 'n skande om bang te wees nie, maar hoe jy optree in jou vrees is wat saak maak. Wel iets soos dit.  Ag wel die vrees het ook vinnig verby gegaan toe iets baie belangriker my opval, hoe gaan ek 'n foto geneem kry in die duistenis. Want as daar een ding is wat 'n fotograaf bang maak is dit om terug te kom sonder n foto.

Op die tiende vloer gekom sluit ons aan by 'n groter groep polisiemanne wat, soos die foto hierbo ilustreer) 'n groep mans gearresteer het. In een van die kamers is ook n groep vroue met klein kinders gekry.
Die groep mans wat gearesteer is oppad af.

Van die vrouens en kinders oppad ondertoe. Soos julle kan sien moes ek full flash geskiet het anders souo mens niks kon sien nie.


Op die twee fotos hierbo kan mens die verdagtes sien oppad af uit die gebou uit. Let op die kerswas wat op hulle arms is, dit was blykbaar sodat die polisie hulle kan identifiseer sou hulle wou ontsnap.

Een van die moë metrolede met 'n kind oppad uit na die straat toe.

Van die kinders wat nog nie deur hulle ouers kom haal is nie, deur die aand het daar talle kinders onder die wakende oë van metrolede gestaan en wag vir hulle ouers.

Ek en die Beeld verslaggewer Gerhard Pretroius was to omstreeks 2:30 die aand by Schubart Park en die volgende oggend was die situasie veel rustiger. Al probleem was die groot groep inwoners wat toegang tot die gebou geweier was deur die nag en saam op straat moes slaap.

Van die groepe mense met hulle kinders wat die hele aand buite moes slaap en steeds toegang geweier is tot die gebou.

Later die dag is ons weer saam die polisie en metro die gebou binne opsoek na wapens en kwaaddoeners. Veiligheidshekke is afgebreek en deure is oopgeskop in die soektog. Terwyl ek saam hulle was het ons net een vuurwapen gekry en n paar mense wat in die woonstelle bly. Dis nogals interessant gewees om te sien hoe die woonstelle lyk. Sekere woonstelle was mooi gemeubeleerd terwyl ander soos n boemelaar se lêplek gelyk het.

Lede van die metro deursoek inwoners van een van die woonstelle.

'n Siekman word uit die gebou ontruim. Hy was op een van die vloere alleen in 'n woonstel gekry.

So het die slag van Schubart Park afgeloop met die inwoners wat uitgesit is weens die onveiligheid van die gebou. Sekere inwoners is ook later geskuif na alternatiewe behuising.

No comments:

Post a Comment