Monday, 6 May 2013

Die Bloemhof Bonanza


  Nico Pretroius op hulle boot Casper, de boot genoem so, omdat hy eens heeltemal spietwit was.


Pieter Lambrecht van die SAPS se duik eenheid skiet die flair vanaf die brug oor die dam om die kompetisie te begin.

Billy Brummer (10) van Meyerton wag rustig vir die vis om te begin byt. Hy het nog slegs 'n klein geelvissie gevang wat hy moes terugsit aangesien dit nie 'n teiken spesie is nie

Sello "Schucks" Khabola "(59) van Botshabelo, dis sy eerste keer by die Bonanza.

 Jan Gouws van Westonaria

Junior Tienie Gouws en sy pa Tienie Gouws van Carltonville

Johan Vermeulen en Magda van Vreden hulle is van Bultfontein. Johan het sy been verloor tydens n mynongeluk in 1987.

Geraldo Pelser word eersdaags 3 van Bultfontein

 JC Minnie (4) van Balfour

Stefaan Mofana, Abram Mokgabi en Gert Mangesa verkoop miswurms, erdwurms en platannas in Prince straat in Bloemhof, hulle se besigheid is goed tydens die Bonanza

Abram Mokgabi verkoop erdwurms en platannas in Prince straat in Bloemhof, hulle se besigheid is goed tydens die Bonanza.

Jacques Lewis (37) van Rustenburg en sy 7kg Karp wat sy persoonlike beste is nog.

Sudaline Pieters (34) van Pietermaritzburg met haar baber. Sy het 5 jaar gelede leer karp en baber vang by haar man Dawie. Sy moedig vroue aan om Hengel te probeer. "Ek en my man is beste vriende, ons doen alles saam, visvang bring ons nog nader aan mekaar, as mens bereid is om te leer is dit absoluut die moeite werd"

Leon Aspeeling van Lichtenburg (65) met sy baber. "Ek is nie hier om te wen nie, ek is hier vir ontspanning, daar is niks so lekker soos om te hengel  nie."




 Manne besig om voer plek te maak.








STORIE DEUR : Bertie Jacobs vir Rapport

‘Is julle manne hier vir die visvang?” 

Sy Chesterfield Filter is amper uitgebrand, sy kouse tot by sy knieë opgetrek. Bloemhof is ’n klein dorp en die mense wat dié tyd van die jaar met onbekende bakkies hier is, reis óf deur óf hulle is hier vir die visvang. 

Vir die karpe en die babers in die Bloemhof Bonanza, die grootste varswater-hengelkompetisie op die vasteland. 

Sowat 2 000 deelnemers verlede jaar, hier waar die Vet- en Vaalrivier mekaar ontmoet en laer trek onder die beskutting van kameeldorings, kareebome, wildeolywe en vaderlandswilgers. 

Op die grens van waar beskawing Kalahari word en waar, wanneer jy mooi luister, die láng-kórt-kórt-roep van ’n visarend gehoor kan word.

Dit is Vrydagoggend en ’n armada van bote met name soos Hookit, So What en Mc-ni-fish-ent se Envinrude 70’s en Suzuki 50’s vul die neusholtes met die kenmerkende reuk van gebrande tweeslagenjin-olie. Van dié skippers sal in die volgende paar uur tot 22 km ver op die reuse-Bloemhofdam gaan soek na die versteekte inhammetjies waar die grootstes onder die grotes skuil.

Dit terwyl die walhengelaars hulle op vaste grond ingrawe – nie nader as 5m van mekaar nie, bepaal die regulasies.

“Hy’t my hoek onder afgebyt, net hier!”

“Die bliksem. Hallo, ek’s Pieter. Hulle loop, pappie, hulle is besig.” 

’n Ent verder langs die Sandveld-oewer aan die Vrystaat-kant van die dam is onmin aan’t broei.

“Kyk, kyk waar gooi hy al weer! Pa, kyk,” roep JB Ackerman, ’n woelige tjokkertjie met ’n wit-en-groen kamoefleerhoed op. 

“Tata, jy moet kyk waar jy gooi, jy’s weer hier by my lyne!” maan sy oom, Jan Gouws van Westonaria. Tatoeëermerke, een ’n gruwelhanswors, die ander ’n naakte nimfie, tooi sy regterarm, ’n silwerketting is om sy nek gedrapeer en skuins duskant hom staan sy dubbelkajuit-Isuzu KB240 LE. 

“Het jy gesien hoe diep gooi jy? Ek is nie naby jou nie, my aim is goed, ek gooi straight,” antwoord die 59-jarige Sello Khabola van Botshabelo, wat saam met vier vriende hul Cara­vette 5-kampeerwa met ’n Toyota Corolla vol duike dam toe getrek het.

“Hulle noem my Schucks, maar ek is nie Leon Schuster nie.” Hy lag: “Ek het nie tande nie, maar ek is sexy.” Hy meen hy bewe so, want hy is “gebabelas”. 

Langs die water is dit soos Loftus se Oospaviljoen: daar is iets van alles. Papgooiers gesels tegniek met vis-vakmanne en kinders se verspotheid sorg vir groot genot. 

“Moenie in die water speel nie, kom daar uit!” skree ’n roesbruingebrande man op sy seun.

“Hiehiehie-hê,” skater die blondekop terug. “Ek het nou net in my broek gepiepie.”

In 1987 het ’n plofongeluk by die myn waar hy gewerk het Johan Vermeulen se regterbeen geëis. Vandag is dié boorling van Allanridge agter graskarpe aan. 

“Hulle is net hier voor in die grassies,” sê hy met sy wysvinger wat na net hier voor in die grassies wys. “Ek het dalk my been verloor, maar dit hou my nie terug nie. Ek spring valskerm en ek ry perd en ek vang vis.”

Hy roep Magda van Vreden nader, wat langs sy rolstoel kom staan. “Ons is nou al drie jaar saam. Vir haar kan ek nie verloor nie, dan is ek niks.”

Elke dam het sy eie lus en elke visserman glo in sy eie moetie. Van bloekomolie tot Jelly Tots en selfs Deep Heat, want soms het ’n vis ook seer. 

“Ons het al vreemde versoeke gehad, jong, jy sal nie glo wat die mense vra nie,” verduidelik Danie Swart, eienaar van Die Viskas in die dorp. “Viskoppe, gevriesde kuikens, duiwe, hoenderlewers... Iemand het al selfs ’n vonkprop kom soek.”

“Die meeste visse wat ek nog in my lewe gevang het, was met koffiepap,” vertel Chris Mong van Kempton Park. “Ek het dit nog nie vandag of gister probeer nie, maar ek gaan nou.”

Koffiepap: meng drie koppies koekmeel, twee koppies mieliemeel en vyf koppies water. Voeg by drie eetlepels koffie en drie eetlepels suiker. Brei tot lekker styf. 

Carletonville se Willie du Preez beweer dat hy al ’n baber met ’n stuk kougom gevang het en bieg in dieselfde asem dat hy nie glo in vang-en-laat-gaan nie. Basta met hierdie reël, reken hy. 

“My maat, ek gooi nie terug nie, ek mors nie. As ek ’n baber vang, slag ek hom vir kerrievis. Dit proe nes daai vis wat mens in die blikkies koop met daai watsenaam om. My broer se laaities maak chillibites daarmee, baberbiltong. Ek het een jaar baber by ’n munisipaliteitbyeenkoms gebraai en die ouens het gesê as jy nie die grein van seevis ken nie, sal jy nie die verskil weet nie.” 

Die manne het ’n ding vir die bodemsuier. 

“’n Baber gee die grootste geveg. Hy’s ’n moeilike kalant met ’n dun lyn. Daai man is sterk, jy moet mooi met hom speel, maar jírre dis lekker,” sê Leon Aspeling van Lichtenburg.

Visvang ’n sport vir damduikers? Watwou! Al wat 4x4 is, sleep bote die water uit, staan by hoogs toegeruste tente en staan in rye in Princestraat af waar Stefaan Mofana, Abram Mokgabi en Gert Mangesa met miswurms, erdwurms en platannas smous. 

Hulle is die gholfklub verbied, so hulle gaan grawe nou by die stasie vir aas rond om aan die besoekende hengelaars te verkoop. 

“Die mense koop nou meer by ons, dit is goed,” sê Stefaan terwyl Abram geld vir brood smeek, sy gebakte hande so wyd uitmekaar soos ’n visserman se spog. 

Jis, dís ’n vis!

Die algehele wenner van die Mitchell- Berkley Bloemhofdam Bonanza was Dawie Horn wat ’n baber van 22,98 kg en ’n karp van 6,88 kg uitgetrek het. Hy het in 2002 ook die toernooi gewen. Hy het R100 000 gewen. Giel van Heerden was tweede en Niekie Bohmer derde. 

Ander groot visse van die dag was Tim van Wyk se baber van 21,23 kg en Rassie Pieterse se karp van 9 kg.


http://www.rapport.co.za/Weekliks/Nuus/Grotes-kom-nie-weg-nie-20130504

Thursday, 2 May 2013

The Street Vendors

Maxwell Mahlangu; Mandla Tlot; Daniel Mitlou; Sipho Sitole; Philip Shabangu, all street vendors in Krugersdorp.

Sipho Sitole

Mandla Tlot

I did a story for Beeld with Lourensa Eckard (@Lourensaeckard)  on Street Vendors a while back in Krugersdorp. The story was about a new law that would force street vendors to obtain a license before they were going to be allowed to sell their goods next to the roads. To read the whole story go to : http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Smouswet-klop-apartheid-sn-20130424

Monday, 29 April 2013

Lauren Beukes, writer of The Shining Girls

Some of the pics I took of Lauren. This was a very fun shoot, and I must admit Lauren was very patient and she is very photogenic so all the pressure was on me to produce some good pics.






Artikel deur Anél Viktor van in Pols verskyn het.
Lauren Beukes is die sexy-cool koningin van sci-fi-gruwel, harde realiteit, pulp fiction en is ’n literêre rockster in wetenskapfiksie-sirkels wêreldwyd.
Maar sy wil nie in ’n boksie geplaas word nie.
“Mense het baie vooropgestelde idees oor wetenskapfiksie,” sê Beukes. “Mense het al vir my gesê: ‘Geluk met jou nuwe boek, maar ek lees nie wetenskapfiksie nie.’
“Of iemand sal sê: ‘O, dis net ’n riller’ wanneer ek eintlik ook sosiale kwessies aanroer.” Die enigste manier vir haar om oor dié kwessies te skryf, sê sy, is om dit op te tooi met ’n cool storie.
“Wetenskapfiksie is nie wat jy dink dit is nie. Dis nie Transformers nie en dis nie Battlefield Earthnie,” sê sy. “Dis meer soos District 9 en Inception.”
“Dieselfde geld comics,” sê Beukes, wat onlangs ’n strokie vir DC Comics se Fairest-reeks oor Raponsie se avonture in Japan neergepen het.
“Jy kan rêrig donker, diep en ware stories met comics vertel,” sê sy.
Suid-Afrikaanse stories
As sy egter moet kies tussen strokies, TV-teks, boeke skryf en skrywer-regisseur wees, kies sy boeke.
“Daar is werklike diepte en meer ruimte. Ek is baie lief vir dialoog.”
Beukes het met haar Zoo City die Arthur C. Clarke-prys in 2011 gewen. Dié boek, wat in Johannesburg afspeel en misdaad, towerkuns en die musiekbedryf as tema het, is as ’n noir-riller beskryf.
Haar vorige treffer, Moxyland, is ’n kuber-punk-storie wat in ’n futuristiese Kaapstad afspeel.
The Shining Girls, ’n misdaadriller oor ’n reeksmoordenaar in Chicago wat deur tyd kan reis, is verlede week in Suid-Afrika bekend gestel. Beukes neem hiermee haar karakters vir die eerste keer uit Suid-Afrika.
“Ek het dadelik geweet ek stel belang in die 20ste eeu, eerder as om te spring na die grotman-dae en die Middeleeue,” sê sy.
“As ek die boek in Suid-Afrika in die 20ste eeu gehou het, sou apartheid front and centre word.
“Ek het besluit om dit op Amerika, en spesifiek Chicago, te grond, want ek het al daar gebly,” sê sy. “Ek dink ek het ’n gevoel vir die plek.”
Volgens haar het Chicago en Suid-Afrika soortgelyke probleme. “Hulle het al gesukkel met korrupsie, apartheid, behuising en het ’n hoë misdaadsyfer.”
So is Beukes ’n ruk gelede Chicago toe vir ’n navorsingsreis, waar sy met ’n speurder gesels het.
“Hy het my vertel van ’n vrou wat met ’n halssnoer vermoor is. Toe hy die volgende dag by die lykshuis kom, is alles gesteel – haar ring, oorbelle en die halssnoer, wat die moordwapen was.
“Ek wou weet: ‘Is jy seker dié is nie Suid-Afrika nie, want dit klink soos ’n Suid-Afrikaanse storie?’”
Haar volgende boek, Broken Monsters, gaan ook in ’n Amerikaanse stad (Detroit) afspeel. “Detroit voel soos Hillbrow,” sê sy.
Fantasie én werklikheid
Sy sê die werklike lewe is meer vindingryk en verrassend as “enigiets wat jy kan uitdink”.
“Jy wil hê jou lesers moet in jou mal idee glo en die enigste manier om dit reg te kry is om alles anders so werklik moontlik te maak.”
Vir The Shining Girls het sy twee deeltydse navorsers aangestel.
“Ek het een van hulle gevra om navorsing te doen oor hospitaalsorg in 1931 – hoe hulle ’n tendon-besering behandel het en wat dit gekos het,” sê sy. “Hy het toe teruggekom met ’n artikel uit 1936 oor ’n werklike burlesk-danseres wat haarself met radium geverf het as sy gedans het.”
Dit is hoogs radio-aktief, so sy het oral op haar lyf blase gekry.” Dié danseres het ’n karakter in The Shining Girls geword.
Sy het ook haar eie moordmuur opgerig. Die boek gaan oor tydreis en Beukes moes met drie verskillende tydlyne werk.
Daar is Harper (die moordenaar) se tydlyn, wat reeds ’n moeilike een is omdat hy nie die meisies (die “shining girls”) in chronologiese volgorde vermoor nie. Dan is daar die boek se tydlyn en die historiese tydlyn.
Boonop los Harper anachronistiese leidrade op die lyke. “Hy neem ’n persoonlike artikel van een meisie en los dit by ’n ander meisie,” sê Beukes. “Ek moes dus ook oor dié voorwerpe kophou.”
Tegnologie en top-apps
Benewens haar moordmuur kon sy nie The Shining Girls sonder die app Scrivener geskryf het nie.
Dit laat jou toe om die hoofstukke in jou boek te “manipuleer”.
Nie net is tegnologie in haar boeke verweef nie, maar sy gebruik self verskeie apps en tools wanneer sy skryf. So moet die app Freedom haar van die internet “uitsluit” terwyl sy skryf.
Sy hou ook van die app Zombies, Run! wat jou drafsessie in ’n virtuele avontuur verander. “Dit is wonderlik om te maak asof jy in ’n wêreld is waar zombies jou jaag,” sê sy. “Die storielyn is regtig goed geskryf.”
Sy is boonop ’n ywerige Twitter-gebruiker.
Die idee van ’n reeksmoordenaar wat deur die tyd kan reis het by haar opgekom in ’n gesprek op Twitter.
“Twitter is soos om by die beste dinner party te wees en jy kan jou gaste met die hand kies,” sê sy. “Op Twitter is daar die wonderlikste kurators van interessante inligting.”

Thursday, 25 April 2013

Irene van Niekerk









ENGLISH TRANSLATION OF BEELD STORY 25-040-2013
Story By: Lourenza Eckard, Beeld Journalist


Irene van Niekerk (15) was 1 ½ years old when both her ​​feet were almost amputated after being burned in a bath of boiling water.

Today she is a promising young athlete with about 32 gold medals she won at school and provincial events.

All this she does barefoot and without most of her toes.

"I have always told her that her feet cant hold her back. She has to make a success of life, regardless of her disability, "her mother, Irene said.

A nanny accidentally put her daughter in a bathtub full of hot water when she was a baby. The nanny did not notice one of Irene's brothers had turned on the hot water.

"It was horrible, but the Lord has blessed me with a wonderful daughter that makes me extremely proud," said Van Niekerk.

For the past eight years Irene has been living with her ​​mother, father, Hugo, and seven brothers in the Coronation Park Caravan Park in Krugersdorp.

She exercises at least twice a day, but only when her homework's done.

Irene is coached by her mother and according to Irene she is very strict with her​​ practices.

"I think she got her sporting talent from me," said Van Niekerk, but her husband insists it is rather good genes that led to Irene's 1500 m time she recently ran in 4:45. The world record for girls under 15 is 4:00.

According to van Niekerk her daughter simply doesn't get tired.

"She cant run shorter distances, but once she gets going, she can run and run and run."

The shy, modest Irene said her role model is the "man with the no legs" and her biggest dream is to represent South Africa at the Olympics one day.

She is also deaf in her right ear and her chest was injured when she had been bitten by a dog as a child. But it did not hold her back.

"I wanted to run from childhood. It is what I enjoy doing and I don't get tired.

"The kids at school call me tiny Zola Budd."




STORIE IN AFRIKAANS
Deur: Lourensa Eckatd Beels Joernalis

Irene van Niekerk (15) was 1½ jaar oud toe albei haar voete byna afgesit is nadat sy in ’n bad kookwater gebrand het.

Vandag is sy ’n belowende jong atleet met sowat 32 goue medaljes wat sy op skool- en provinsiale byeenkomste gewen het.

Dít alles doen sy kaalvoet en sonder die meeste van haar tone.

“Ek het van kleins af vir haar gesê sy kan nie dat haar voete haar terughou nie. Sy moet ’n sukses van die lewe maak, ongeag haar gestremdheid,” het haar ma, ook Irene, gister gesê.

’n Oppasser het haar dogter as ’n baba in ’n bad vol kookwater gesit. Die oppasser het nie gesien hoe een van Irene se boeties die warmwaterkraan oopdraai nie.

“Dit was baie erg, maar die Here het my geseën met ’n wonderlike dogter wat my ontsettend trots maak,” sê Van Niekerk.

Irene woon die afgelope agt jaar saam met haar ma, pa, Hugo, en sewe boeties in die Kroningspark-woonwapark in Krugersdorp.

Sy oefen minstens twee keer per dag, maar eers as haar huiswerk klaar is.

Irene word deur haar ma afgerig en volgens Irene is dié baie streng met haar.

“Ek dink sy het haar sporttalent by my gekry,” sê Van Niekerk, maar haar man hou vol dit is eerder sy goeie gene wat daartoe gelei het dat Irene die 1 500 m onlangs in ’n tyd van 4:45 gehardloop het. Die wêreldrekord vir meisies onder 15 is 4:00.

Volgens Van Niekerk word haar dogter eenvoudig nie moeg nie.

“Sy kan nie korter afstande hardloop nie, maar sodra sy aan die gang is, kan sy hardloop en hardloop en hardloop.”

Die skaam, beskeie Irene het gesê haar rolmodel is die “man met die af bene” en haar grootste droom is om Suid-Afrika eendag op die Olimpiese Spele te verteenwoordig.

Sy is ook doof in haar regteroor en haar borsbeen is beskadig toe sy as kind deur ’n hond gebyt is. Maar ook dit het haar nie teruggehou nie.

“Ek wou van kleins af hardloop. Dit is vir my lekker en ek word nie sommer moeg nie.

“Die kinders by die skool noem my klein Zola Budd.”




http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Basta-met-terugslae-se-die-atleet-20130424



http://www.youtube.com/watch?NR=1&v=qbYNnBegrQw&feature=endscreen

Monday, 22 April 2013

Zamdela residents at it again.

It was that time again. Zamdela residents took to the streets in the pouring rain to show their unhappiness. 



One of the protesters being arrested after the group he as in was asked to disperse.

Police using the water canon to disperse the group of people.

Police using a stun grenade to disperse the crowd that was growing.

A police officer confronting a suspect.

6 men being arrested.




I must just say that this was probably the most difficult conditions that I have ever had to deal with on a news story. It was ice cold and the rain was coming in down in buckets. My biggest worry was my equipment that was getting socking wet, but what are you going to do, you need to get the pics. So in the rain we went running after the cops as the chased people through the houses. Another thing was the low light. At one stage we were shooting on 1600ISO as it was relatively dark with the heavy cloud cover. It was also very hard getting shots as groups of people were forming all over the place so you really needed to be in the right spot on the right time to get a frame.

But all in all the cops had the situation under control so there wasn't really much happening, I think the weather also played a role in keeping the people calm to a certain extent. At least I got to run around in the rain and not sit in the office all day.

Thursday, 4 April 2013

Body worlds hist Johannesburg

Body Worlds!! A real must see in Johannesburg. Do yourself a favourt and go check it out.



 Dr Angelina Whalley the wife of Gunther von Hagen standing next to one of the exhibits.