It was the second day of Protests in Kokosi close to Fochville. (Read the bottom storie for info on why the people of Kokosi were protesting, this is just a short piece on my experience yesterday.) The day consisted of protesters engaged in running battles with the Police. Every time the cops let their guard down the protesters would take there chance and advance on Police. We had a bit of a situation when Police fell back to their JOC and we (the media) were left on the bridge. Two protesters confronted us and threatened to throw us with rocks, one snatched Debree's (Multimedia Journo's) sunglasses from her face and threw it on the ground. No matter how much we explained that we are there to tell their story, they weren't having any of it, Luckily Lenyaro Sello from ENCA stepped in and explained to them in Sotho after which they apologised and went on blocking the road with rocks.
Just another day in paradise for Journalist's working in South Africa.
Police arresting protesters in Kokosi
Police chasing a protester.
Protester hurling a rock at Police
EFF member trying to control the rowd
Protesters run with their heads down as Police fire Rubber Bullets
Police despersing the crowd with Rubber Bullets
Protester hurling a rock at a Nyala
Policeman firing on protesters throwing rocks
A group of people arrested by Police
Some of the weapons confiscated from protesters.
The moonlight Tavern on fire in Kokosi.
Storie deur Lourensa Eckard (BEELD JOERNALIS)
‘Ons gaan hierdie plek onregeerbaar maak.”
Dit was die boodskap wat nagenoeg 600 betogers in Kokosi, ’n informele nedersetting buite Fochville, gister aan die polisie oorgedra het. Onluste woed al sedert Maandag daar toe inwoners begin betoog het vir beter dienslewering.
Eergister het ’n groep betogers by ’n drankwinkel ingebreek en al die voorraad uitgedra. Gister is sowat 21 betogers in hegtenis geneem op aanklag van openbare geweld, het lt.kol. Hennie Maas, bevelvoerder van die Fochville-polisiekantoor, gesê.
Volgens hom is ’n kolonel gister met ’n klip teen die kop gegooi.
Polisielede het gister herhaaldelik rubberkoeëls op die betogers afgevuur nadat klippe en bierbottels na die polisie gegooi is. Verskeie Njala- en ander polisievoertuie is ontplooi om die betogers in toom te probeer hou.
“Ons is nie bang nie, al skiet julle ons soos honde,” het een betoger aan die polisie geskree nadat hy hegtenis geneem is.
’n Betoger het arrestasie ontglip en terwyl hy weggehardloop het, het hy die polisielid wat hom vergeefs agternagesit het, getart.
Thabiso Monyatsi, ’n inwoner, het gesê die polisiekantoor in Kokosi is net daar om die rykes te beskerm. “Daar word nie na ons gekyk nie. Die polisie is net daar om die wittes te beskerm.”
Johan Jooste, DA-koukus-leier in Fochville, het gesê die situasie is chaoties.
“Drie ANC-raadslede se huise is afgebrand en een van ons raadslede het telefonies ’n doodsdreigement ontvang. Daar is aan hom gesê hy is volgende aan die beurt,” het Jooste gesê.
Kenny Kunene van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF) was ook gister in Kokosi om die skare toe te spreek. “Ons is ’n protesbeweging en ons ondersteun enige vorm van protes wat mense toegang tot land kan gee,” het hy gesê.
Hy het egter in ’n blou Golf geklim en weggery toe die betogers klippe en bierbottels na die polisie begin gooi het.
Die moniteringsagentskap Municipal IQ het gister in ’n verklaring gesê dit is onwaarskynlik dat daar in 2013 minder diensleweringsprotes-aksies as laas jaar sal wees.
“Protesaksies is steeds ’n kommerwekkende tendens wat dikwels deur geweld gekenmerk word,” het Kevin Allan, hoof van Municipal IQ, gesê.
Video deur Debree Kluge (Multimedia Joernalis Beeld)
http://www.youtube.com/watch?v=yVwPlXqr9ro
No comments:
Post a Comment