'n Paar portraits wat ek gedoen het vir Beeld by een van Karlien van Jaarsveld en Devon Snell se oefen sessies voor die finaal van Strickly Come Dancing.
Nelius Rademan
Photojournalist working in Johannesburg, South Africa.
Wednesday, 12 August 2015
Some action from 5150 Germiston 2014
I just love covering Triathlons!!!
"Never underestimate the power of dreams and the influence of the human spirit. We are all the same in this notion: The potential for greatness lives within each of us."
Wilma Rudolph
Wilma Rudolph
Tuesday, 12 August 2014
Some pics from the last month or so
Henre Louw het Disney se XP kompetisie gewen en het sodeonde n dag saam sy held Cameron van der Burgh spandeer.
Princess the baby baboon who was rescued after her mother was caught in a snare.
Die werewolf cat was on display at World of Cats and Dogs
Princess the baby baboon who was rescued after her mother was caught in a snare.
Die werewolf cat was on display at World of Cats and Dogs
Monday, 21 July 2014
Some of my favorite photos that never made the blog before and during the 2014 elections.
ANC getting the sport supporters in on the elections.
Mmusi Maimane speaking at a curch service in Soweto before the 2014 elections.
EFF and DA members dancing together in Tembisa before the 2014 elections.
Former Presdient of South Africa, Thabo Mbeki casting his special vote at his Johannesburg home.
Anc supporters coming out to vote in Thokoza, south Africa.
A long line of voters in Zonkizizwe on the East Rand.
A "long" line of voters in Zonkizizwe on the East Rand.
People casting their votes in a fire station in Alberton.
People waiting to vote in Reiger Park.
People waiting to vote in Reiger Park.
Children playing outside while their parents are waiting to vote in Kempton Park.
Mmusi Maimane speaking at a curch service in Soweto before the 2014 elections.
EFF and DA members dancing together in Tembisa before the 2014 elections.
Former Presdient of South Africa, Thabo Mbeki casting his special vote at his Johannesburg home.
Anc supporters coming out to vote in Thokoza, south Africa.
A long line of voters in Zonkizizwe on the East Rand.
A "long" line of voters in Zonkizizwe on the East Rand.
People casting their votes in a fire station in Alberton.
People waiting to vote in Reiger Park.
People waiting to vote in Reiger Park.
Children playing outside while their parents are waiting to vote in Kempton Park.
Monday, 30 June 2014
Suid Afrika se eie Billy Elliot
Leroy Mokgatle (14)
Storie deur Charlea Sieberhagen (Beeld Joernalis)
’n
14-jarige seun van Rustenburg sal volgende naweek saam met van die VSA se beste
balletdansers op die verhoog te sien wees.
Leroy
Mokgatle is so te sê Suid-Afrika se eie Billy Elliot – ’n seuntjie wat nie gaan
toelaat dat enigiets tussen hom en sy balletskoene staan nie.
Toe
die ander gr. 2-seuns destyds sokker gekies het, het Leroy ballet gekies.
Wanneer
hy van Vrydagaand af tydens die Stars of American Ballet-vertoning
op die planke is, sal hy een stappie nader wees aan sy droom om eendag ’n
professionele danser te wees.
Dirk
Badenhorst, wat die produksie by Montecasino in Fourways aanbied, het Leroy
vroeër vanjaar tydens die internasionale balletkompetisie in Kaapstad
raakgesien toe hy ’n solostuk uit Santanella gedans het.
Hy
het hom kort daarna genader om deel te wees van die Amerikaanse produksie.
“Ek
was baie verbaas dat hy wil hê ek moet optree, maar dit is baie opwindend,” sê
Leroy met ’n groot glimlag.
“Ons
moes in gr. 2 op ’n vorm invul aan watter sport ons sal wil deelneem.
“Ek
het nie geweet wat ballet is nie. Ek was maar net nuuskierig,” sê Leroy.
Hy
was toe nog ’n leerling aan die Laerskool Oost-Eind in Sunnyside, Pretoria.
Leroy
meen hy was dadelik gek na ballet, maar hy moes leer om die ander seuns se
gespot te verduur.
“Hoe
kan ek dit stel . . . Ek voel gemakliker daarmee om aan iets deel te neem waarmee ek
ongemaklik is,” sê hy.
Hy
hou daarvan dat ballet hom voortdurend uitdaag en hom uit sy gemaksone haal.
Ek doen waarvoor ek lief is en waaroor ek passievol is. Ek wou
iets doen wat anders is.
Leroy
Mokgatle
“Ek
meen, regtig. Waar gaan sokker jou in elk geval bring?
“Kyk
waar is daardie seuns nou.
“Hulle
is in die hoërskool en hou hulle besig met dwelms.
“Ek
doen waarvoor ek lief is en waaroor ek passievol is. Ek wou iets doen wat
anders is.”
Leroy
is deur sy ma in die Pretoriase middestad grootgemaak, maar ná haar dood in
2007 het hy weer by sy ouma in Rustenburg gaan woon.
Hy
woon die afgelope 18 maande in Randburg by die Art of Motion-dansskool, waar hy
lang ure in die dansateljee deurbring. Hy ondergaan ook tuisonderrig.
“Ek
verkies om anders te wees,” sê hy.
“Ek wil
alles eendag perfek doen sonder dat iemand my hoef reg te wys.”
Monday, 23 June 2014
Karre jaag by Brakpan renbaan
Megan-Lee Kotze (8) word deur haar pa Dolf in die kar gesit.
Megan-Lee Kotze (8)
Megan-Lee Kotze (8) en haar pa Dolf.
Basie Lourens open die "driversmeeting" met gebed.
Blake Worthington (7) en sy pa Alec.
Pieter le Roux en sy seuntjie Dyllon (5).
Chane van Rensburg (8) en Xander Engelbrecht (8).
Twee kinders wag om spookasem te koop.
Ethan Toth (10)
Blake Worthington (7) en sy pa Alec.
Pieter le Roux en sy seuntjie Dyllon (5).
Storie deur Charlea Sieberhagen (Beeld)
“Kom ons haal ons hoedjies af,” sê Basie Lourens met sy grys hangsnor vir die groot groep mense voor hom.
Die winterson is flou. Dis laatmiddag in Brakpan.
“Hemelse Vader . . .” begin Basie bid.
Hy bid dat die Vader sy hand van beskerming oor al die renjaers sal hou. Dat hulle veilig sal wees, mooi sal ry en vanaand weer veilig huiswaarts sal keer.
“Amen,” sê Basie en spring dadelik weg met sy toespraak.
“Ons gaan op die baan om reisies te jaag . . . Kom ons hou dit skoon en netjies.
“Ons sal veral die Van Rensburg-pa en -seun dophou,” skerts hy dan.
Die groep mense lag. Seuns met skewe pette sit op die muurtjie en trek hul monde effens skeef.
Daar is kennisgewings teen die draad.
No spinning in pits. R1000 fine. No braai’s in the pits.
Rock Raceway is gereed. Die musiek op die pawiljoen speel. Voertuie staan geparkeer met hul kattebakke oop in die rigting van die renbaan. Kookolie suis al in die skottelbraai. Vleisbraaivure rook.
“Wil jy ’n bier hê?” vra een van die vrolike toeskouers vir die fotograaf.
Die mense sit knus teen mekaar. Toegedraai in komberse. Op die pawiljoene. Op kamp-stoele. In hul motors se kattebakke. Hulle wag vir die kinders om eerste deel te neem.
Dolf Kotzeek’t vir Charlea gevra of die Kotze se e nie ’n strepie moet kry nie. sy sal seker maak en my laat weet.se vingers krul om die draad van die heining wat die renbaan afsper. Sy oë volg die sewe klein renmotortjies al om die baan.
Hy skree vir sy “poppie”.
“Rowdy Megz” lees die plakker in fênsie letters op die renmotor.
Megan-Lee Kotze (8) jaag om en om. Vinnig. Tussen 80 km/h en 100 km/h. Haar kleurryke renmotor vol foto’s van M&M-lekkers flits verby. Haar kop met die groot helm gaan heen en weer. Heen en weer.
“Kom Mêggie!” skree Megan se ma, Rina. Sy klap haar hande met blou gemanikuurde naels saam.
“Dis stresvol,” sê Rina.
Sy vertel dat Megan altyd modelwerk gedoen het.
“Sy het so paar jaar gelede ’n kompetisie gewen en toe was sy in die Brakpan-koerantjie. Sy het dit gelos vir racing,” sê die kort blonde vrou met ’n fyn stem. Haar oë bly op haar dogter se renmotortjie.
Megan eindig derde in die eerste ronde van die Ninja Midgets-wedren.
Megan se pa glimlag van oor tot oor. Hy gee sy dogter ’n drukkie, glimlag en gesels. In die lug tref sy palm hare. Megan is in haar noppies.
“Dit was eintlik lekker,” sê sy.
“Ek was amper tweede. Volgende keer is ek eerste,” sê die blondekop vol selfvertroue.
Sy sê sy was maar nog altyd skaam. En toe modelwerk haar begin verveel, het sy besluit om liewer aan motorwedrenne deel te neem.
“Nou kan hulle nie jou gesig sien nie.” Want sy dra mos ’n helm, verduidelik sy.
Motorbande skree. Enjins raas. Dis nie net die kinders wat hier jaag nie. ’n Verskeidenheid motors neem deel. Mans. Vroue. Opgeboude, aangepaste motors. Ou motors.
Abie Sada, die renbaan se bemarker, lewer met ’n fluweelagtige radiostem kommentaar uit die groot lapa aan die anderkant van die baan, langs die hoofpawiljoen. Die reuk van gaar groenmielies, boereworsrolle, pannekoek en springmielies hang in die lug.
Twee kinders loop elk met ’n reuse-bondel blou spookasem op ’n stokkie. Op een van die kleiner pawiljoene sit ’n vrou met pienk en swart hare. ’n Entjie aan is ’n ander vrou se hare rooi bo en swart onder.
’n Seuntjie sit alleen op ’n sitplek gemaak van ou motorbande en beton. Hy het ’n klein denim-onderbaadjie soos ’n motorfietsryer aan: “The Mutts”, staan daar op sy rug geskryf. En heel onder: “Puppy”.
Sy naam is Blake, verduidelik hy byna onhoorbaar. Die V8 Sprint-motors jaag verby. En hy is sewe jaar oud, sê Blake.
Sy oë bly vasgenael op die renbaan.
“Elke keer as ons hier verbyry, dan vra hy of ek hom hierheen sal bring,” vertel Blake se pa, Alec Worthington. Hy het dieselfde denim-onderbaadjie aan as die sewejarige, maar hy is nié ’n “puppy” nie. Silwer ringetjies blink in sy ore.
“Toe besluit ek vandag laat hy maar ’n bietjie pret hê saam sy pa.”
Blake meen hy wil ook eendag só kan jaag. Hy sê hy het vir sy pa gesê hy wil ook ’n motortjie hê.
“Maar my pa het nie nou geld nie.”
Hierdie gejaery is ’n duur stokperdjie. Almal is dit eens as jy daar by die pits rondvra.
“As jy ’n race-ready karretjie koop, kan dit omtrent R15 000 kos,” sê Rina.
“En dis nou maar net ’n Ninja Midget.
“Dan kom daar nog plate en stickers by. En al die safety gear wat sy ten duurste moet hê. Dan kyk jy na so R30 000.”
’n Nuwe enjin kan jou byna R10 000 uit die sak jaag, sê Attie Labuschagne, Keegan (11) se pa.
“Respray kos omtrent R4 000.”
Voor die kinders weer kans kry om te jaag, kry die ander motors ’n beurt. Dan speel die kinders met ’n ou netbalbal om die gewag verby te kry.
Matt de Bruyn van Boksburg met sy geel-rooi-swart-oorpak, maak gereed om met ’n Micro Midget weg te spring. Die renmotor bestaan byna net uit ’n raam van pype. Kaskar-agtig. Maar nie heeltemal so eenvoudig nie. Matt was al dikwels die Brakpan-kampioen. Selfs al Suid-Afrikaanse kampioen, sê hy.
“Ek ry net nie met karre met dakke nie,” sê Matt.
Hy wys na die renmotor met sy bruingebrande hand. Glimlag. Sy fletsblou oë trek skrefies.
“Hy was eers swart en rooi. Nou is hy groen en swart. Dolf het gesê ons moet die kleure change.”
Die volkslied blêr iewers uit ’n motor. Dis tyd vir die rugby om te begin en die son sak nou vinnig.
Net Frans Kruger (61) se gesig met sy vriendelike glimlag steek uit by die grys kombers.
Vir baie jare het hy op hierdie einste renbaan gejaag, sê Frans.
“Ek is nou net ’n spectator. Ek het alles gery. V8 Sprints. Saloons. Stock cars. Van 1970 af.”
In 1998 het hy teen ’n muur vasgery.
“Toe word ek maar ’n scrutineer.”
Frans se vrou van die afgelope drie maande skud haar kop.
“Gee my die plaas,” sê sy.
Die son se laaste strale verdwyn.
Dis kuier-tyd. Familietyd.
Die karre jaag. Motorbande skree.
Dis Saterdag in Brakpan.
http://www.beeld.com/bylae/2014-06-21-n-saterdag-in-brakpan
Tuesday, 3 June 2014
Illegal coal mine's deadly depths
Story: Pieter-Louis Myburgh
Each time the determined zama-zama’s pickaxe slams into one of the rock pillars preventing the defunct mine’s ceiling from crushing him, big chunks of the coal he is risking his life for fall to the ground around his feet.
Elsewhere in the damp, pitch-dark shaft scores of other illegal miners are hacking away at rock pillars and cavern walls with equal zeal.
Equipped with nothing more than cheap headlamps to guide them on their treacherous path, yet more zama-zama’s push wheelbarrow after wheelbarrow laden with the sooty mineral towards a speck of daylight in the distance.
These were the scenes Rapport encountered this week outside Ermelo in Mpumalanga, where hundreds of illegal miners are risking their lives at an illegal mining operation local officials deem to be a disaster waiting to happen.
The illegal miners, or zama-zama’s, extract a staggering 30 bakkie load of coal from the mine’s treacherous depths each day and the operation even runs throughout the night.
Most alarmingly, the miners hack away at the very supporting pillars that keep the mine from collapsing in an effort to collect as much coal as they can possibly find.
The local police, municipal officials and provincial mining authorities are all fully aware of danger the zama-zama’s are putting themselves in, but they say only the national department of mineral resources can address the problem.
The latter was given a report on the illegal operation more than a month ago but has thus far failed to act.
The miners themselves say the lack of job opportunities in the area leave them with no choice other than risking their lives in the mine. They use some of the coal for cooking and to heat their own homes while residents of nearby Wesselton and other poor neighbourhoods in the region pay about R80 for a wheelbarrow’s worth of coal.
An entire bakkie load, weighing up to one tonne, fetches about R800 on the town’s now flourishing black market.
On weekends, children as young as 15 also risk their lives for a few heaps of coal, some of the illegal miners told Rapport.
A handful of the zama-zama’s were eager to share their stories, but others sternly warned the newspaper not to photograph them.
“I know this is not safe, but at least I am earning something. We try to make the mine a little safer by putting up support beams from wood we cut ourselves,” says 21-year-old Bongane Makhanya.
“Even school kids come and mine here along with their parents,” adds Makhanya.
Most of his fellow miners bemoan the lack of work opportunities in Ermelo.
“We are trying our best to earn a decent leaving, this is better than stealing. We are working for our families,” says Edson Chamba (23).
Jabu Radebe (45) says politicians have in the past promised Ermelo residents the government would create jobs for them, but little has come of it so far.
“They tell us these things to get our votes, but as soon as the elections are done we don’t hear from them until it’s time to vote again,” says Radebe.
Many women also partake in the risky operation.
Deli Skosana (56) and Alice Makutwana (47) carry heavy bags full of coal from deep inside the mine.
“I can make about R85 a day,” says Makutwana.
“This is very hard work. I used to work in a shop, but the owner died,” she added.
According to the miners, theirs ranks swell to up to 500 people on weekends, when many schoolchildren also come to lend a hand. There were at least 100 miners on the site when Rapport visited the mine this week.
“This is a disaster waiting to happen. If that mine collapses we wouldn’t even know how many people to search for or where to look,” says one municipal official.
The Msukaligwa local municipality’s official stance on the issue isn’t any less grave.
“The situation at the abandoned mine is ghastly as the illegal miners are putting their own lives in peril,” says municipal spokesperson Mandla Zwane.
“We have urged them several times to refrain from this illegal and perilous act without any success. The matter has been escalated to the (provincial) department of mineral resources in eMalahleni,” added Zwane.
“We’ve been on site with the local authorities and compiled a report, which has been sent to the national department,” says Xolele Soya, an official at the provincial department of mineral resources.
Capt. Carla Prinsloo, a spokesperson for the local police, says they can’t arrest the miners for trespassing because the owner of the land the mine is on hasn’t laid a criminal charge yet.
In the meantime, poor and unemployed zama-zama’s like Patrick Mdulu (44) will continue risking their lives to feed their families.
“It is very dangerous, I’ve seen pieces of rock fall from the roof. But I have children who are in school, and they need shoes, clothes and food,” Mdulu told Rapport before again heading back into the dark, dangerous cavern from which his family now derives its sole source of income.
Storie: Pieter Louis Myburg (Rapport Joernalis)
Honderde onwettige mynwerkers, van wie sommige minderjarig is, haal daagliks bakkievragte steenkool uit ’n ou, onstabiele myn buite Ermelo in Mpumalanga.
Plaaslike owerhede bestempel dié heeltydse mynbedryf as ’n ramp wat wag om te gebeur.
Die nasionale departement van minerale hulpbronne het al weke gelede ’n verslag oor die dreigende treurspel ontvang, maar het blykbaar nog niks daaraan gedoen nie.
’n Boer wie se plaas aan die myn grens, pleit nou dat iemand moet ingryp voordat ’n ramp hom op sy voorstoep afspeel.
Die mynwerkers ry oor sý grond wanneer hulle elke dag tot 30 bakkiesvragte onwettige steenkool van die myn af wegry.
Rapport was die afgelope week saam met die mynwerkers tot diep in die lewensgevaarlike skagte.
Hulle dolwe selfs met pikke aan die skagte se steenkoolsteunpilare in ’n roekelose poging om elke krummel van die mineraal in die myn uit te kry.
Die steenkool word teen R80 per kruiwavrag of R800 vir ’n hele bakkievrag aan arm inwoners van Ermelo en die omliggende gebiede verkoop.
Die mynwerkers gebruik ook van die steenkool in hul eie huise en die res word aan middelmanne in en om Ermelo verkoop.
“Dit is baie gevaarlik. Ek het al gesien hoe groot klippe loskom en op die grond val,” sê Patrick Mdulu (44), een van die sowat 100 mynwerkers wat in die myn gewerskaf het toe Rapport daar was.
“Maar ek moet dit doen om vir my drie kinders te sorg. Hulle het kos, skoene en klere nodig.”
Die mynwerkers sê tot 500 mense, van wie sommige jong kinders is, werk naweke en op vakansiedae in en buite die myn.
Al die mynwerkers met wie Rapport gepraat het, sê ’n gebrek aan werkgeleenthede in Mpumalanga dryf hulle na die myn se
gevaarlike dieptes.
“Dit is beter as om te steel en ten minste kan ek vir my en my familie sorg,” sê Edson Chamba (23).
Thomas Opperman, wie se plaas langs die myn is, sê klein groepies mense myn al sedert einde verlede jaar in die verlate skag, maar die bedrywighede het eers die afgelope twee maande in ’n volskaalse mynbedryf ontaard.
Opperman is bekommerd oor die bakkies wat sonder sy toestemming oor ’n deel van sy plaas ry, maar hy wil bowenal help voorkom dat die myn op honderde mense ineenstort.
“Hoekom moet mense eers doodgaan voordat die owerhede iets doen?” vra Opperman.
“Van die myners het vroeër gesê hulle sal my vermoor en my vrou verkrag as ek in hul pad staan,” sê Opperman.
Hy is gedreig omdat hy vroeër vanjaar ’n sloot deur die pad na die myn gegrawe het.
Opperman was by toe amptenare van die plaaslike munisipaliteit en die provinsiale departement van minerale hulpbronne die myn in Maart besoek het.
Hulle het ’n verslag opgestel en aan die nasionale departement van minerale hulpbronne gestuur, maar dit het klaarblyklik op dowe ore geval.
“Die situasie by die myn is haglik en die onwettige myners stel hul eie lewe in gevaar.
“Die saak is na die (provinsiale) departement van minerale hulpbronne in eMalahleni (Witbank) verwys,” sê Mandla Zwane, woordvoerder van die Msukaligwa- plaaslike munisipaliteit.
Die provinsiale departement het bevestig ’n verslag oor die mynbedrywighede is na die nasionale departement verwys.
“Dié is ’n ramp wat wag om te gebeur. As daardie myn ineenstort, sal ons nie eens weet na hoeveel mense ons moet soek nie,” sê ’n amptenaar by die munisipaliteit se rampbestuur.
Kapt. Carla Prinsloo, ’n polisiewoordvoerder van Ermelo, sê hul hande is afgekap.
“Ons kan nie die mense weens onregmatige betreding arresteer nie omdat die persoon op wie se grond die myn is nog nie ’n klag ingedien het nie,” sê Prinsloo.
Volgens Opperman behoort die grond aan ’n boer wat nie die grond gebruik nie en wat glo baie moeilik is om op te spoor.
Ayanda Shezi, woordvoerder van die departement van minerale hulpbronne, het onderneem om Rapport se navrae oor die myn te beantwoord.
Dít het teen druktyd nie gebeur nie.
Subscribe to:
Posts (Atom)