Wednesday, 16 October 2013

Double murder in Diepsloot

The toilets where the girls bodies were discovered. 

The toilets where the girls bodies were discovered. 









Storie deur Jody Nel (BEELD JOERNALIS) 

Diepsloot het gister in woede uitgebars nadat dit geblyk het nóg twee kleutermeisies is daar vermoor.
Die niggies Yonalisa (2) en Zandile Mali (3) is moontlik ook verkrag, het genl.maj. Oswald Reddy, bevelvoerder van die Honeydew-polisiëringsgebied aan die Wes-Rand, gesê.
’n Vrou het gisteroggend omstreeks 05:00 op hul lyke in ’n buitetoilet afgekom.
Analisa Mkhondo (5) is verlede maand in dieselfde township verkrag en vermoor. Haar lyk is by ’n vullishoop naby die toilet gekry.
Yonalisa en Zandile is Saterdag van hul huis ontvoer.
Die polisie en gemeenskap het van Saterdagaand tot Maandag na hulle gesoek.
Reddy het gesê die twee sake word nou saam ondersoek. Niemand is tot dusver gearresteer nie.
“Die twee tonele waar die kinders gekry is, is baie na aan mekaar. Die modus operandi is soortgelyk.
“Ons wag vir die uitslag van ’n lykskouing voordat ons die oorsaak van hul dood bekend kan maak. Ek kan wel sê hulle is wreed vermoor.”
Analisa het ook op ’n Saterdag verdwyn. Haar lyk is die Maandag daarna gekry.
Sisanda Mali, Zandile se ma, het haar dogtertjie en Yonalisa Saterdag laas gesien toe sy winkel toe gegaan het.
By haar terugkeer was hulle skoonveld.
“Ek het eers gehoor my kind is vermoor toe die polisie my vanmiddag (gistermiddag) kom sê het.”
Pres. Jacob Zuma het gesê: “Dié gruwelike voorvalle van die uiterste marteling van en moord op ons kinders hoort nie in die samelewing wat ons voortdurend saam probeer bou nie.”
Hy het die gemeenskap gevra om nie die reg in eie hande te neem nie maar die polisie te help in hul ondersoek.
Lizzy Chauke, ondervoorsitter van die South African National Civic Organisation en inwoner van Diepsloot, het gesê: “Analisa se ouers is nou van voor af getraumatiseer omdat dieselfde ding so naby aan hulle gebeur het.”
Hulle bly in die straat waar die niggies se lyke gekry is.
“Ek leef in vrees. Ek is bang om kinders alleen te los,” het Masechaba Tsimo, nog ’n inwoner, gesê.
Nomvula Mokonyane, Gautengse premier, het die Mali-gesin gister besoek. Sy moes ’n ent na die plakkershut loop omdat inwoners die strate met brandende binnebande, groot klippe en betonblokke versper het. Vullis is in die strate gegooi en ’n paar buitetoilette is omgegooi.
“Dit is nie die tyd om te betoog nie,” het sy aan inwoners gesê. “Die gemeenskap moet nou saamstaan en die familie ondersteun.”
Volgens Reddy is niemand beseer of gearresteer nie.



Wednesday, 9 October 2013

Optog na Hoër Volkskool in Heidelberg









Storie deur Wolfram Zwecker (Beeld Joernalis)

Sowat 500 mense, hoofsaaklik skoolkinders van Ratanda buite Heidelberg, het gister ’n memorandum by die Volkskool Heidelberg afgelewer waarin hulle ’n einde aan beweerde rassisme by dié skool eis.
Die vreedsame optog spruit uit ’n voorval sowat twee maande gelede toe leerlinge onder mekaar baklei het.
Twaalf leerlinge is deur ’n tugkomitee verhoor en ’n dertiende deur die departement geskors. Die leerling het ander leerlinge tydens die bakleiery met bakstene aangeval.
Volgens Corrie Human, woordvoerder van die skool se beheerliggaam, is dié seun wel deur die departement geskors, maar ’n paar dae later teruggestuur na die skool.
’n Dag of twee daarna het hy met sy skoolbroek oor sy skouer en met net ’n onderbroek aan in ’n klaskamer ingestap.
Hy is weer aangekla, sê Human, maar voor die tugverhoor gehou is, het hy self besluit om die skool te verlaat.
In die memorandum wat gister aan Johan Bester, lid van die beheerliggaam by die skoolhek oorhandig is, word onder meer geëis dat geskorste leerling wat toe self geloop het, weer toegelaat moet word. Die tugstappe teen die ander leerlinge moet ook opgehef word.
Daar word ook geëis dat die onderwysdepartement die beheerliggaam ontbind en ’n nuwe een aanstel. Die skool moet ook weens beweerde rassisme ondersoek word, veral waar dit kom by skoolgelde. Baie wit leerlinge word vrygestel, maar min of geen swart leerlinge, wat op rassisme neerkom, lui die memorandum.
Die beheerliggaam gaan volgens Bester die memorandum bekyk en aan die departement voorlê voordat hulle terugvoering gee.

Saturday, 28 September 2013

Hyena on the loose in Johannesburg

NO this is not a joke!! A joke was my first reactions as well when I  first heard the reports of a Hyena in the Johannesburg Suburbs. It started early on the morning of 26 September when people started phoning in reports of spotting a hyena in Emmerentia. Leane Meiring (Beeld journalist) and I jumped in the car and started searching, following twitter reports and phoning around to try and determine where the hyena was. The hyena was still moving around and teams from the Johannesburg Zoo as well as NSPCA were also in pursuit. Eventually the hyena was darted in Randburg and captured. 

According to reports there a a few brown hyenas that live on the outskirts of Johannesburg in the West Rand an The Cradle of Humankind. These hyenas can move into Johannesburg unseen by using the pockets of natural vegetation that runs from the West Rand all the way through Johannesburg.   

This was probably the most excitement we have had in months as it has been a slow couple of news months in South Africa. 

Dr. Brett Gardner, a vet from the Johannesburg Zoo with the Brown Hyena that has been sedated, on the right is Wendy Willson from the NSPCA and Brian Kuhn from Wits who is an expert on hyenas.






 The brown hyena sustained some damage to her feet from running on the roads and cement sidewalks.


Article by Leane Meiring that appeared in Beeld.

’n Jong bruinhiëna se stadsafari gisteroggend in spitsverkeer deur die strate van Randburg moes vir haar eie beswil kortgeknip word omdat sy verbouereerd was en amper raak gery is.
Die motoris Stephan Botha sê die hiëna het omstreeks 07:00 oor Gordonweg gehardloop. “ ’n Veiligheidsmotor het die dier amper omgery.”
Die vyf maande oue wyfie is vroeër die oggend deur ’n groep fietsryers by die Emmarentiadam gewaar. Brett Morris, een van die ryers, het gesê hulle het aanvanklik gedink dis ’n hond.
“Ek was stomgeslaan toe ek sien dis ’n hiëna. Ongelooflik.”
Van Emmarentia het die dier deur Victory Park en Deltapark gehardloop tot by die Randburgse verkeersdepartement in Bram Fischerrylaan.
Dit is waar verteenwoordigers van diereregtegroepe, die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) en die Johannesburgse Dieretuin haar opgespoor het. Hulle het haar gevolg tot in Olympicweg in Blairgowrie waar sy weens uitputting op die sypaadjie gaan lê het.
Inwoners van die buurt het die omliggende strate met hul voertuie afgesper om te voorkom dat die dier raak gery word.
Toe dr. Brett Gardner, ’n veearts, haar met ’n pylgeweer met ’n verdowingsmiddel in die boud skiet, het sy laat spaander, maar kort daarna op die sypaadjie inmekaargesak.
“Die dier is ontwater omdat sy etlike ure verbouereerd rondgehardloop het. Die kussinkies van haar pote is ook nerfaf weens die teerpaaie. Dit gaan lank duur voordat dit genees,” het Gardner gesê.
Sy sal in die dieretuin se rehabilitasiesentrum behandel word, het Gardner gesê.
Dr. Brian Kuhn, karnivoorkenner van die Instituut van Menslike Evolusie aan die Universiteit van die Witwatersrand, het gesê bruinhiënas is skaam, teruggetrokke diere. Die kans dat hulle enigiets groter as ’n haas sal doodmaak, is baie skraal, het hy gesê.
Volgens Kuhn woon bruinhiënas hoofsaaklik aan die Wes-Rand in die Wieg van die Mensdom, maar hulle beweeg gedurig deur Johannesburg en spesifiek die Melville-koppies.
“Johannesburg is soos ’n woud. Dis vir hulle baie maklik om rond te beweeg sonder om raakgesien te word.”
http://www.beeld.com/nuus/2013-09-27-hina-se-kort-safari-in-jhb

The video was also shot by Leane Meiring

Wednesday, 18 September 2013

Christie Brinkley and Bei Ling combined forces with Jenna Clifford for Rhino Conservation.

Pics of Bei Ling and Christie Brinkley, Jenna Clifford and Sailor Brinkley Cook at last nights event held at Jenne Clifford in Morningside, Johannesburg. 


Bei Ling

 Christie Brinkley

Christie Brinkley


Supermodel and nature activist Christie Brinkley, Teen Vogue model Sailor Brinkley Cook and Hollywood actress Bai Ling, have all pledged their support for Rhino Conservation combining forces with the Jenna Clifford's Rhino project.

Tuesday, 20 August 2013

Nelson Mandela Sport and Culture day at FNB Soccer City

Just some Pics of all the weird and wonderful South Africans that attended the Nelson Mandela Sport and Culture day at FNB Soccer City on Saturday!!