Wednesday, 30 November 2011

Nguni bees in die Transkei




Ek het hierdie Nguni bees afgeneem in die Transkei op 'n onlangse tripie na Kei Mond in die Oos-Kaap.

Tuesday, 29 November 2011

Drag Racing





'n Lekker dag by Tarlton!!

Dis wat gebeur as ons op 'n publieke vakansiedag moet werk, ons dink lekker werk vir ons self uit.

Absalon en Dodger



Absalom, ‘n babaleeutjie van ses weke, en Dodger, die reun-worshond wat hom soos ‘n ma versorg op Me. Rene Jordaan se plaas, Griffin-ekosorgsentrum, buite Potchefstroom in Noord Wes.



Ek gaan nie jok nie maar ek love my job, van misdaad die een dag tot diere die volgende, elke dag is anders. Hierdie is 'n ou storie wat ek gedoen het voor ek my blog begin het so ek probeer so bietjie opvang en al die lekker fotos op die blog kry. So verkoon asseblief as ek soms meer as een post maak 'n dag.

Wednesday, 23 November 2011

Pigmee-seekoei by die Johannesburgse Dieretuin






Die Johannesburgse Dieretuin het in Augustus vanjaar aangekondig dat hulle 'n nuwe 13 maande oue Pigmee-seekoei ryker is. Ek en Pauli van Wyk (Beeld veslaggewer) was daar om die storie te doen.

Pauli se storie kan gelees word by http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Aaaag-ou-grootbek-20110811



My Weergawe

Ek gaan nie vir julle jok nie, maar die outjie, is regtig oulik!! As hy net so 'n bietjie kleiner was sou ek hom in my huis gehou het, ek het juis 'n ekstra plek op my dubbelbed vir n troeteldiertjie. Daar is net een ding wat ek moet uitklaar, die outjie is net pigmee teenoor n regte seekoei. Pigmee-seekoeie is steeds groot.

Dit was 'n redelike lang wag by die Dieretuin aangesien die seekoei oppad was van Pretoria af. Met sy aankoms slag was ons eers nie toegelaat om in die hok te gaan nie en ons moes toe maar van die gang wat bo oor die hokke loop fotos neem. Na 'n ruk het ek besluit, nee wat! Die werk nie vir my nie, en het ek een van die personeel gevra of ek nie in die hok kan gaan nie, want van die dieretuin personeel was in die hok.

Hulle sê toe vir my dis reg ek moet net rustig wees in die hok en nie skielike bewegings maak nie. Nou ja "needles to say" was ek rustig, want die gedagte aan 'n koerant opskrif wat lees "fotograaf gebyt deur baba pigmee-seekoei" sou my selfbeeld 'n effe knou gegee het. En natuurlik was daar ander media wat dit sou vaslê vir die res van die land om te sien.

Na ons die baba afgeneem het, word ons toe die geleentheid gegee om vir papa en mama af te neem, ook in die hok. Mmmmmmmmmmm ja!! Ek het mos 'n gesegde wat sê dat ek geen dier vertrou wat groter as ek is nie en die twee was so 200kg groter, elk!!. Darem was Pauli daar om agter te skuil, (ek moet net sê dat die twee so 300kg groter is as Pauli) elke keer as die seekoei lyk of hy iets wil doen dan maak ek net seker dat ek agter my human shield (Pauli) is. Hahahaha. Daar is mos 'n ander storie wat jagters altyd vertel wat gaan " as 'n leeu of 'n buffel of wat ookal jou in die bos storm, moet jy net vinniger as die stadigste ou wees"  Ek belowe julle ek sou nie die stadigste gewees het nie. :)


Coenie de Villiers






Shoot met Coenie de Villiers in die Foto24 studio vir 'n artikel oor sy nuwe CD, Hart van glas. Die Artikel is geskryf deur Anna-Retha Bouwer.

Die atikel kan gesien word by http://www.beeld.com/Vermaak/Nuus/Coenie-de-Villiers-skaaf-na-aan-eie-grein-20111120

Ek moet sê die was verseker een van my makliker shoots gewees, Coenie was n baie goeie model en was glad nie ongemaklik voor die kamera nie. Mens kan sien dat die nie sy eerste keer was nie. Al wat ek gedoen het was die ligte opgestel het en vir Coenie elke nou en dan (letterlik elke nou dan) gesê het "skuif jou kop net bietjie of draai net bietjie so". Die eindproduk was die reeks fotos. Dit wys jou net wat kan gebeur as die fotograaf en die model op dieselfde golflengte is.

Friday, 18 November 2011

Kurt Darren








Shoot met Kurt Darren vir n profiel storie wat in Beeld verskyn het op 16 November 2011

Thursday, 17 November 2011

Evan van der Spuy, the mountain biker that was taken out by a buck


Evan van der Spuy


Evan van der Spuy and his friend and teammate Travis Walker who caught the whole insident on camera.




Evan van der Spuy the Mountain Biker who was at the centre of the YouTube video phenomenon where he was knocked of his mountain bike by a Rooihartbees (Species of Buck in South Africa). His friend Travis Walker who is also in the photographs was the one riding behind him with the video camera that caught all the action.

This was a photoshoot I did for Rapport.

The video http://www.youtube.com/watch?v=S2oymHHyV1M