Tuesday, 22 January 2013

Sasolburg and Zamdela protest turns violent

Violent protests broke out in Sasolburg and the bordering Zamdela township on Sunday 20 January 2012. The protests continued on Monday with protesters looting shops and causing havoc. The Police were stretched to their limits with protesters braking up into smaller groups and targeting different areas in town and Zamdela itself.

Burnt out truck in Zamdela
Police chasing residents back into Zamdela that were again moving towards town.

Police chasing a looter in Zamdela


Police arresting a looter in Zamdela


Protesters trying to brake open a Satandard Bank ATM in Zamdela



I heard that the protests were still continuing in Sasolburg and Zamdela on Monday morning and started arranging my schedule to go, but unfortunately the diary was full and we already had another photographer there who was covering the protest from the Sunday.
But later the morning we heard they were looting the Zio Cash and Carry store in Sasolburg and I finally got the green light to go. We arrived there at about 12:00. Most of the action was done by then but we saw a huge mass of black smoke rising over Zamdela.
We tried to make our way in, but roads were blocked so we tagged behind some Police cars and kept close to them going into Zamdela. The people were quit hostile towards us so we kept close to the cops and didn't stop. Luckily the cops removed some of the blockades in the road.
We eventually made it to the burnt out truck and the Police station where it seemed that most of the commotion was going at that stage. I managed to get the pick of the burnt out truck and some protesters being arrested that were still busy looting the around the police station. I just wish we were there a bit earlier.

Check the video at the bottom put togeteher by Debree Kluge my Multimedia colleague and read the article by Riata Nel.



Aricle by Riata Nel (Beeld Journalist)

Drie polisielede is gister beseer en skade van miljoene rande aangerig in geweld en plundery in Zamdela en Sasolburg.

Alle ondernemings in die dorp het hul deure gesluit. 

Ouers is vroeg al versoek om hul kinders by skole in Sasolburg te kom haal.

Die ou Zamdela-polisiekantoor wat leeg gestaan het, is afgebrand en verskeie winkels is geplunder. ’n Motor en twee vragmotors is aan die brand gesteek – een enkele meter van die Zamdela-polisiekantoor en die ander op die R82. 

Twee polisielede is aangeval terwyl hul vragmotor in die modder vasgesit het.

Gisteraand het ’n groep van sowat 200 mense na Sasolburg opgeruk en Groblerstraat is met brandende voorwerpe versper. 

Die polisie het met donderbuise geskiet. 

Vroeër in die dag het oproeriges ’n kitsbank in Zamdela probeer oopbreek.

Honderde moeilikheidmakers het die vurktandheining om Zio Cash & Carry in Sasolburg omgestoot, staaldeure oopgebreek en die drank daaruit gesteel. 

Sommige het selfs op plekke oor die heining geklim om aan die plundertog deel te neem. 

Beeld het gesien hoe honderde mense by die winkel inhardloop en met kaste vol drank uithardloop.

Kasregisters, winkeltrollies en gebreekte drankbottels het in die pad voor die winkel gelê.

’n Polisiehelikopter het bo-oor gesirkel. 

Die plunderaars het in ’n stadium uitmekaar gespat, maar weer teruggekom om verder te plunder. Intussen was werknemers van Zio binne die gebou vasgekeer. Een is vir skok behandel.

Polisieversterkings het gisteroggend opgedaag, maar het nie die nodige toerusting gehad om die skare te beheer nie en het teruggery.

Njalas en ander polisievoertuie met gewapende lede het gisteroggend heeltyd by die Zamdela-polisiekantoor in- en uitgery. Inwoners van Zamdela het op polisielede geskiet en voorwerpe na hulle gegooi. 

Een van die drie beseerde polisiemanne is in die hospitaal opgeneem en het steke gekry.

Winkels van buitelanders is geplunder en ’n snoepwinkel aan die brand gesteek.

’n Uno is gisteroggend by die kruising op die R57 na Heilbron voorgekeer. Die insittendes het gevlug, waarna die motor aan die brand gesteek is.

Die oproeriges wou ’n bakkie voorkeer, maar die bestuurder kon daarin slaag om deur die veld weg te jaag.

“Die polisie en polisiemotors is met klippe gegooi,” het konst. Peter Kareli, polisiewoordvoerder, gesê. Skote kon gister omstreeks 16:00 gehoor word.

Paaie in Zamdela is onbegaanbaar gemaak toe oproeriges enigiets wat hulle in die hande kon kry, in die pad gegooi het.

Die openbare-orde-polisie-eenhede van Gauteng en Welkom het omstreeks 14:00 opgedaag.

“Alles is onder ons beheer en ons wil dit onder ons beheer hou,” het Kareli laatmiddag aan Sapagesê. Volgens hom het sommige betogers huis toe gegaan, terwyl ander op straathoeke gesit en klippe na verbygaande polisievoertuie gegooi het.

Die oproeriges is kwaad oor die voorgenome samesmelting van die Metsimaholo- (Sasolburg, Oranjeville en Deneysville) en Ngwathe-munisipaliteit (Parys, Vredefort, Heilbron, Koppies en Edenville). 

Sowat 150 mense is gister gearresteer.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Sasolburg-brand-20130121




http://www.youtube.com/watch?v=ij-84B3pt74&feature=youtu.be


Monday, 7 January 2013

"Dit was baie nice toe ek grootgeword het"


Ek en Louise Ferreira (Beeld joernalis) het gaan kyk hoe dit met die mense in, soos hulle dit noem, Fietas (Vrededorp) en Jan Bom (Jan Hofmeyer) gaan.


Frances Venter (20) help ’n buurvrou om haar voortuin skoon te maak in Gousblomstraat. Inwoners kla hul buurt het met die jare al hoe meer vervalle geword.


 Rachel Janneman is een van die bejaardes wat in Vrededorp / Jan Hofmeyer bly en op haar staat pensioen moet leef.

 Boet Rudolph (64) en by hom in Cathy Stevens en haar kleindogter Reniscka Viljoen (2)


 Boet Rudolph (64) bly dekades al in Jan Hofmeyr. “Eers het ons probleme gehad met inbrake. Toe kry ek vir my die groot hond en die klein hondjies, en nou is dit bietjie stiller.”

Paul Rudolph (regs voor) staan buite sy broer se huis in Gousblomstraat in Jan Hofmeyr, Johannesburg. Jannie van Niekerk leun teen die motor en Lukas van Niekerk staan agter die deur.


Petro Rich (23), Lourens de Lange (22) en Chrisjan Havenga (23) is drie van Jan Hofmeyr se jonger inwoners. “Dis oukei,” sê Lourens. “Jy kan nie meer alleen loop nie, hier’s dronk mense. Maar dis lekker om hier te bly.” Petro voeg by: “Dis nog nie so bad nie.”


 Kathrina Ralph se kleinkinders speel in haar voortuin. Voor staan Jana (3). Die gebied is nie meer veilig nie, sê Ralph. “Die polisie patrolleer darem nou gereeld, maar as jy hulle bel, is hulle baie stadig.”




Elizabeth Moroosiis een van die baie bejaardes wat in regeringsbehuising bly in Vrededorp en Jan Hofmeyer. Hulle ontvang slegs 'n karige pensioen van R1 200 per maand en baie maak staat op die Jan Hofmeyer-gemeenskapsprojek en die Rotari‘rklub vir kos. Daar is dikwels ook probleme met die toestand van hul blyplekke, kragonderbrekings en 'n gebrek aan vervoer. Hoewel die meeste kinders het, is die nie altyd in staat daartoe om vir hul ouers te sorg nie.

  Carol Faber
Gert Smuts


Storie deur Louise Ferreira (Beeld Joernalis)

‘Op die oomblik is daar nie ’n toekoms nie. 

Maar ek sê dankie in die oggend en ek sê dankie in die aand.”

Dít was die woorde van Alet Parsons (61) van Jan Hofmeyr drie dae nadat sy in haar huurkamer in munisipale behuising ingetrek het.

Die pensioentrekkers wat hier woon, sê die plek het die laaste paar jaar verander. Daar is oral misdaad en dwelms.

Die meeste van die huise is verwaarloos, met lae baksteenmure of doringdraad wat die erwe omhein. By elke huis waar Beeld aangeklop het, was daar minstens een hond.

Ella Rudolph (51) woon al langer as 40 jaar in Vrededorp.

“Dit was baie nice toe ek grootgeword het. Ons kan nie meer in die straat loop nie. Ek kan nie ná ses winkel toe gaan nie, want hulle wag vir jou op die hoek.
“Hulle het al drie fone van my geneem.”

Vol asblikke staan in Gousblomstraat en die reuk van verrotting hang swaar in die lug. 

Hierdie vullis moes al die vorige dag verwyder gewees het, sê Nico Hattingh, wat by die Jan Hofmeyr-gemeenskapsprojek betrokke is.

Dit gebeur dikwels dat dit nie verwyder word nie, voeg Rudolph by.

“Jy moet die asblik net so vuil inbring, anders steel hulle hom. Dit was altyd baie skoon hier.”

Sylvia Patrick (50) woon die afgelope 23 jaar in Fietas.

“Dit was altyd stil hier. Jy kon laataand in die strate loop en jou deure ooplos. Nou is hier meer dwelms en sjebiens.

“Ons leef nou ’n lewe van vrees.”

Osman Cassiem van die DA is die nuutverkose raadslid vir wyk 58, waaronder Vrededorp, Pageview, Fordsburg en Mayfair onder meer val.

Hy beoog om misdaad te probeer bekamp deur saam met die polisie te werk om patrollies meer sigbaar te maak.

Hy is bewus van die probleme met die vullisverwydering, sê hy.

“Ek probeer op hul rug sit om my wyk skoon te hou. Dié wyk is die afgelope 18 jaar afgeskeep.

“Die mense verdien beter dienslewering as wat hulle tans kry.”

http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Dis-nou-anders-20121227

Saturday, 22 December 2012

Darem kan ons nog visvang


Die ekonomie druk nie net vir ons "die middelklas" nie, mense hou korter vakansie, eet nie so baie uit nie en koop kleiner geskenke om geld te bespaar. Alles goed en wel, maar wat van die mense wat minder het as ons? Hoe oorleef hulle in die huidige ekonmiese toestande, die antwoord is hulle doen nie.

Ek en Riata Nel (Beeld joernalis) het na 'n groep mense gaan kyk wat alles verloor het en langs die Vaalrivier bly en visvnag om aan die lewe te bly.

 Johan Koekermoer sit en wag vir 'n visie om te byt.


Johan Koekemoer met een van die visse wat hulle deur die nag gevang het.

Johan Koekemoer in sy hut wat hy self gebou het.


Derick Stroebel met 'n vis aan die lyn.

Derick Stroebel met sy hondtjie

 Derick Stroebel sit nog aas aan sy hoeke.



 Die hounet wat hulle self gemaak het uit n ou inkopiewaentjie.



Artikel deur Riata Nel wat in Beeld verskyn het

Talle werkloses op wie die wêreld sy rug gedraai het, sê hul enigste toevlug is die oewer van die Vaalrivier in Vereeniging.

Hulle het tente en skuilings ’n paar meter van die water opgerig en vang daagliks vis om aan die lewe te bly.

Vroegoggend is dit baie koud. Teen 06:30 bak die son warm en weerkaats die sonstrale in die water sodat jy jou oë skrefies moet trek om te kan sien. Oral staan visstokke met lyne in die water.

“Jy maak ’n paar rand deur vis te vang en dit te verkoop. Party dae kry jy bietjie swaar, maar ons het nie nodig om te loop en steel nie,” het ’n tentbewoner gister aan Beeld gesê.

Sy naam is Johan en hy is 43 jaar oud. Hy wil nie sy van gee nie, want hy is bang sy ma sien waar hy bly.

Hy is een van 15 mans wat op die oewer bly.

“Ek het my werk verloor en dit is die enigste plek waar niemand jou pla nie.”

Hy vang vis en verkoop dit. Wat hy nie verkoop nie, eet hy self.

Daar is nie toilette nie en hy sê “jy stap maar diep in die bos in”. Hulle kry vars water oorkant die pad.

Derick Stroebel (60) woon al drie jaar lank in sy tent langs die rivier.

“Ek het nie pensioen nie en kan nie ’n kamer bekostig nie,” het hy verduidelik.

Hy is oorspronklik van Vereeniging en het jare lank visgevang op die spesifieke plek waar sy tent nou staan. Hy oorleef ook deur die vis wat hy vang te verkoop.

Gister het hy agt visse gevang.

“Dit is nie gevaarlik om hier te bly nie. Die mense kom pla jou nie.”

Hy het nie kinders nie en sy familie bly in die Vrystaat.

“As jy vier klein visse verkoop, kry jy so R20. Genoeg vir twak en ’n brood,” het Johan Koekemoer (58) vertel.

Hy sê elke dag is dieselfde.

“Dis eenvoudig. Jy vang in die oggend ’n bietjie vis. As jy vis kry, verkoop jy dit. As jy nie vis kry nie, moet jy gaan kyk waar jy ’n stukkie kos kan kry. Dan gaan slaap jy en môreoggend is alles weer dieselfde.”

Nie een van die inwoners het vervoer nie en moet loop waar hulle wil wees.

Hulle het gesê daar is gerugte dat hulle goed op die oorkantste oewer steel.

“Ons kan nie eers tot op die oorkantste oewer kom nie, want nie een van ons kan so ver swem of het ’n boot nie,” het Johan gesê.


 http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Vaal-lewensaar-20121221







Wednesday, 19 December 2012

Hillbrow Boxing Club

 George Khosi the owner of the Hillbrow Boxing Club
















Storie deur Lourensa Eckard wat in Beeld verskyn het op 17/12/12

Op ’n straathoek in Hillbrow is ’n bokskryt waar lede van die gemeenskap van 06:00 tot snags laat kan gaan leer boks.

George Khosi, ’n afgetrede bokser, het in 2002 ’n verlate vulstasie in Claimstraat in ’n boksklub omskep.

“Boks help mense om gedissiplineerd te wees en dit leer hulle om voortdurend bewus te wees van wat om hulle aangaan. 

“In ’n gebied soos Hillbrow is dit baie belangrik,” het Khosi gesê.

Die klub bestaan uit ’n kryt en ’n klein vertrek met slaansakke, ou gewigte en ander gimnasiumtoerusting wat oor die jare aan Khosi geskenk is.

“Enigiemand is welkom, selfs al is dit net om te kyk.”

Lilian Molala (28) is ’n professionele vrouebokser en het haar loopbaan op die ouderdom van 15 by Khosi se boksklub begin. 

“My oupa was ’n bokser, asook my pa. So ek boks om hulle trots te maak,” het Molala gesê.

Molala oefen elke dag, behalwe die dag voor ’n groot geveg.

“Ek oefen baie hard, want dit is al hoe ek geld maak.”

Khosi vra nie ’n lidmaatskap-tarief nie, maar vir diegene wat werk, vra hy ’n skenking.

“Al gee hulle net ’n stel ou tekkies wat ek aan een van die kinders kan gee.”

Hoewel Khosi die klub gestig het om mense te leer boks, is die belangrikste aspek van sy klub dat hy aan jong kinders ’n manier gee om van die strate af te bly.

“As kinders niks het om te doen nie, dan gaan hulle stout wees. Ek wil hulle van die strate af probeer hou en hulle iets lekker gee om te doen wat hulle leer om gedissiplineerd te wees en om hard te werk.”

Dumaluhle Mpofu (11) en sy jonger broer, Nkosi (8), is weeskinders en boks al ’n jaar by die Hillbrow-boksklub.

“Ek hou baie daarvan. Eendag wil ek ’n professionele bokser wees,” het Dumaluhle gesê.

Albei boeties se gunsteling-bokser is Mike Tyson.


http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Sy-boksklub-hou-jonges-van-strate-af-20121217

Monday, 3 December 2012

MES liberating the people in need

A woman gets food for her and her baby at the MES soup kitchen.

A woman and her baby sitting outside the MES soup kitchen.

 A girl standing on the roof of the MES building while her mother is doing the washing.


A woman washing dishes in the MES soup kitchen.