Wednesday 26 June 2013

Richard van As the man behind Robohand




















Wolf and I spent a morning with Rich and his wife Beth while he was busy making a hand for Dylan Laas (12). This was really an eye opener for me!! Rich is really doing amazing work by making these hands for the people that need them. I could just see the difference he made in the life of young Dylan.

Please read the Beeld story and go visit the facebook page of Robohand ?(Address is after the article)



Artikel deur Wolfram Zwecker (Beeld joernalis)

Eers was dit ’n lang, stadige proses, maar sedert die koms van die 3D-drukker lei byna 100 kinders al ’n normale lewe met Richard van As se Robohands, oftewel kunsvingers.
Van As, ’n skrynwerker, het in 2007 twee vingers aan sy regterhand heeltemal en twee gedeeltelik in ’n werkongeluk afgesny. Hy het toe begin soek na kunsvingers of iets om die vingers te vervang, sê hy in sy motorhuis in Randburg.
Die deurbraak het gekom toe hy op die internet ’n reuse-hand gesien het wat deur katrolle en kabels beweeg is.
Die idee was om vingers te maak wat deur toutjies aan ’n plastiese “kous” wat oor die voorarm pas, “geanker” word. Wanneer die mens sy handgewrig na onder buig, verkort die toutjies en die vingers trek saam om byvoorbeeld ’n bal vas te hou. Rekkies aan die teenoorgestelde kant as die toutjies trek die vingers weer reguit as die handgewrig reguit gemaak word.
Van As het ure deurgebring by dokters, ingenieurs en ander wat bereid was om te help en besef watter reusebehoefte daar aan ’n goedkoop, praktiese oplossing is vir mense wat kunsvingers of -hande benodig. “Baie kinders word sonder vingers gebore weens die amniotiese-band-sindroom. Dis wanneer weefsel om die vingers van ’n embrio ‘verstrengel’ raak en bloedtoevoer afsny.”
In Januarie het ’n Amerikaanse maatskappy ’n 3D-drukker geskenk en die “massaproduksie” van plastiese vingers en handstutte kon begin.
Dit duur sowat vyf uur om al die onderdele van die kunshand te druk en tien uur om dit aanmekaar te sit en te pas.
Saterdagoggend was Dylan Laas, (12) van Germiston weer daar om sy nuwe hand te kry.
“Dis ’n baie emosionele oomblik wanneer jou kind die hand aansit en ’n bal optel. Of soos Dylan, wat vir die Germiston- krieketklub speel, soos ’n ‘normale’ kind” krieket speel, sê Dylan se pa, Mark.
Van As maak geen geld uit die vervaardiging van die vingers nie. Mense betaal net vir die materiaal wat gebruik word. “Miskien het ek my vingers verloor om dít te kan doen,” sê hy.

https://www.facebook.com/pages/Robohand/260864887366912?fref=ts

Friday 7 June 2013

Dorris the Bar Cat




I found Dorris "the bar cat" at the Radium Beerhall in Orange Grove while I was busy doing another shoot for the newspaper, and of course i just had to get a couple of pics.

Wednesday 5 June 2013

Kroningspark

Ivan van NIekerk (18) woon al 4 jaar in die park

Cecilia en ha dogter Samantha Niemand

Ursula (21) en Zander van Niekerk (2)

Cherish en ha boetoe Zander

Gert Nienaber

Socks Khumalo (26)

John "dofie" Drake in sy dubbelverdieping huis

Brian en Samantha NIemand speel in hulle pa se bakkie.

Brian en Samantha NIemand speel in hulle pa se bakkie.

Hannes en Cecilia Niemand by hulle huis met hulle dogter Samantha wat uit die bakkie loer.

Ewald Spence (23)

Storie deur Lourensa Eckard wat in BY verskyn het.

‘Nee, man! 7de Laan se moer. Die mense ken nie dié plek nie.”

Ewald Spence (23) steek ’n Dullahs-sigaret aan, dié wat R70 ’n karton kos, sy oë bloedrooi. Sy selfoon, ’n swart BlackBerry, hang netjies in ’n sakkie aan sy nek. Op die sakkie is ’n prent van ’n daggablaar.

Eintlik wil Ewald net sê sy blyplek bied baie meer intrige en drama as die gemiddelde sepie. Hy is een van 280 mense, so te sê almal wit, wat in Kroningspark woon. Tot in die 1990’s was dit ’n gewone park, met ’n dammetjie, klimrame en ’n staproete.

Nou is ’n groot deel van die park vol houthuisies, tente en ou woonwaens. Niks is van baksteen gebou nie, want dan kom breek die munisipaliteit dit af – soos die kerkie ’n ruk gelede.

Kroningspark het nie elektrisiteit nie. Daar is een ablusieblok met drie toilette, twee baddens en ’n stort in die badkamers vir mans en vroue wat eintlik daar is vir besoekers aan die park.

Maar niemand besoek meer die park nie. Dit is nou Kroningspark-woonpark, ’n wit plakkerskamp in Krugersdorp.

Skool voel soos ’n tronk

Dit is laatmiddag, die ou tannies kuier heen en weer, die kinders skop stof op soos hulle ’n ou sokkerbal vir mekaar pass. Die meeste mense maak kos. Hulle kook oor oop vure. Die reuk van die rook hang in die lug.

“Ons weet ons is squatters, ek stry nie,” sê Hugo van Niekerk, patriarg van die kamp. Die jonges noem hom oupa.

Hugo is gespanne. Hy stap met ’n brief van die munisipaliteit rond wat sê binnekort gaan inspeksie by Kroningspark gedoen word. Hy moet almal laat weet die kamp moet opgeruim word. “Dié week gaan ons werk.”

Kroningspark se nuutste inwoner, ’n man wat sowat vier maande gelede ingetrek het, het ’n groot gat gegrawe om vullis in te verbrand. ’n Hoop plastiekbottels lê en smeul. Hy krap met ’n lang houtstok in die vuur.

Hugo en sy vrou, Irene, is al die afgelope ses jaar die opsigters van Kroningspark. Hulle het agt kinders. Nege kleinkinders. Skenkings word by hul huis, wat uit hout en ’n ou woonwa gemaak is, afgelewer.

“Ons deel uit vir die mense. Klere, komberse, kos.” Op hul voorstoep lê drie reuse-sakke mieliemeel waaraan die honde in die park gereeld kom lek.

“Ander mense kan maar sê ons is crooks, maar met die Liewe Vader Jesus Christus wat ek dien as my getuie, ons het hierdie plek reggeruk.”

Hugo en Irene het albei voorheen gewerk, maar wil nie daaroor uitbrei nie.

Irene se skoondogter Karen is swanger met haar tweede kind.

“Die baby moet nou kom, anders doen ek sommer self die keiser,” terg Irene haar skoondogter, wat pas 21 geword het.

Karen het die baba al twee weke gelede verwag.

“Hy is bang vir die koue. Ek dink hy wag vir die somer,” sê Karen. Dan steek sy ’n Dullahs op.

Irene en Hugo se 16-jarige seun, Nicky, kom uit die huis uit, nuuskierig oor die besoekers. Sy hare is in ’n poniestert, sy kuif gestraighten. Hy gaan ons deur Kroningspark neem en rondwys.

Nicky vra sy ma vir ’n sigaret. Sy haal ’n pakkie Dullahs uit haar sak en gee dit vir hom. Hy gee haar ’n dankie-ma-soentjie op die wang.

“Meestal sit ons rond en praat k*k. Die een sê iets, dan lag ons en dan change ons die subject. So gaan dit maar aan,” vertel Nicky oor die lewe in Kroningspark.

Hy wil nie in ’n huis woon nie.

“Dit sal boring wees. Hier is almal lekker naby aan mekaar, maar ’n mens kan nie eintlik so lewe nie.”

Nicky gaan nie meer skool nie. “Dit het soos ’n tronk begin voel.” Hy wil ’n haarkapper word.

“Ek het my skoonsussie se hare gedoen vir haar troue. Krulle ingesit, toe gestraighten. Sy het baie mooi gelyk.”

Sy haarstyl-ikoon is die Kanadese sanger Justin Bieber.

“Ooh, die man is mooi en daai hare van hom! Ek hou maar van ou-tsjies,” sê hy en vee sy kuif uit sy gesig.

Hy en sy boyfriend het die naweek stry gekry, sê Nicky. “Dit was nie ’n goeie naweek nie. Dit is ’n lang storie. Dit is alles maar eintlik ’n lang storie.”
Awê rot’

Nicky lei ons by ’n grondpad af, sy BlackBerry aan sy hand vasgegom. Die rooi liggie flikker aanhoudend. Hy lees sy boodskappe en giggel.

Dan wys hy my ’n foto van hom met grimering aan. “My ouers aanvaar my nes ek is,” sê hy trots. Toe hy onlangs ’n rokkie gedra en foto’s geneem het, het sy ma vreeslik met hom geraas omdat dit koud was en sy bang was hy word siek.

Angie Engelbrecht (21) staan voor hul huisie, die naaste een aan die oorspronklike park. “Dit sal lekkerder wees om in ’n huis te bly, want dan het jy electricity en warm water en jy hoef nie heeltyd te worrie oor jou kinders wat weghardloop nie,” sê sy.

Haar oudste seun, Marthinus (3), staan by sy pa, Willem (Space) Sanders (23). Met ’n stukkie beskuit in die hand wat hy teen die grond kap om krummels te maak, kyk Marthinus kort-kort op na sy pa.

Space kap groente op vir ’n potjie. Hy doen piece jobs, sê hy. Angie pas kinders op. Sy het nie skool klaargemaak nie.

Verder af na die dam se kant toe, waar die meeste van die jonger paartjies woon, staan Cecilia (23) en Hannes (30) Niemand by ’n houthuisie.

Hul vierjarige seun, Brian, sit agter die stuurwiel van Hannes se wit Nissan-bakkie, waarop ’n sandput-skulp omgekeer is.

“Wroem, wroem, wroem!” skree Brian en hy probeer die stuurwiel draai. Sy koppie steek skaars bo die venster uit.

Hannes het nie werk nie. “Ek het siek geword, maar is weer reg. So, ek soek maar vir werk.” Hannes vryf deur sy hare met hande wat plek-plek swart is van die ghries.

“Hoe bly ons warm? Ons hou mekaar warm,” sê Hannes. Hy kyk na Cecilia, hul dogter Samantha (3) op haar heup. “Ja, dit was love at first sight.”

Ons stap verder.

Teen ’n muur sit twee jong mans. Die een het ’n kitaar in die hand, ’n sigaret in die mond. Hulle lag.

“Hulle hou van wierook,” sê Nicky. Wierook? “Ja, man,” sê hy en neem sy duim en sy wysvinger na sy mond, sy oë op skrefies getrek. Hy neem ’n denkbeeldige trek. “Wierook, want dit ruik so lekker.”

Dit begin nou donker word. In die verte ruk ’n kragopwekker ná twee of drie probeerslae aan die gang. In die middel van die park, voor ’n klein grasdakhuisie met ’n goudkleurige “Merry Christmas”-banier tussen twee pilare, speel ’n groep seuns sokker. Later vertel Hugo my die “Merry Christmas”-banier herinner hom aan een jaar toe ’n ou man op Kersdag deur sy kinders by die park afgelaai is. “Dit was die hartseerste dag. Hulle kon darem een dag gewag het.”

Die oudste seun van die groep wat sokker speel, skop die bal by ’n woonwa verby. Hy stuur een van die jonger seuns om dit te gaan haal.

“Awê rot,” skree hulle vir mekaar. Dis nou die in-woord, sê Nicky.

“Eers was dit net awê, nou is dit awê rot. Hulle bedoel dit nie lelik nie, dit klink seker maar vir hulle cool.”

Die park word donker. Die kragopwekker dreun. Die honde het opgehou blaf.

’n Paar jaar gelede het ’n groot deel van die kamp afgebrand. ’n Kers het in die nag omgeval.

Teen 22:00 is die meeste mense in die park aan die slaap. Daar is nie ’n geluid nie. Die blare van die reuse-bloekombome tussen die tente, houthuisies en woon­waens ritsel in die wind.

Dieselfde groep seuns wat vroeër sokker gespeel het, kom by Irene en Hugo se stoep onder ’n lig bymekaar. Een het ’n opgerolde plakkaat in die hand. Hy haal die rekkie af, en rol dit oop.

“By Pick n Pay gekoop.”

Dit is ’n plakkaat van ’n kar. ’n Porsche, sê die seun.

Een van die jonger seuns, ’n stewige mannetjie wat hoop om eendag vir die Goue Leeus uit te draf, begin met een van die ouer seuns stoei. Hulle skrum en probeer mekaar om die nek beetkry.

Die ouer seun is lank en maer, seker so 16 jaar oud. Hy probeer die jonger een agternasit. Dan stop hy, haal diep asem. Uit sy sak kom ’n Dullahs te voorskyn. Met sy hande op sy knieë sê hy: “Moenie begin rook nie, manne. Dit maak jou stadig.”

Die kragopwekker word afgeskakel. Die sterre is helder, want Kroningspark lê in ’n kommetjie waar die res van Krugersdorp se ligte nie sigbaar is nie. Afgesien van die sterre, die sekelmaan en die buitelyne van die bloekoms, kan ’n mens niks sien nie.
Pap vir 40 kinders

Donkeroggend is ons terug wanneer die kragopwekker aangeskakel word. Irene maak soggens pap vir al Kroningspark se 40 kinders voordat hulle skool toe gaan.

Iemand klop aan haar kombuisdeur. ’n Jong meisie met goue oorbelletjies staan met ’n bakkie in die hand. Dit is 6:00 en sy het haar skoolklere aan, tas op haar rug. Irene skep vir haar pap in en gooi melk en suiker daaroor. “Dankie, tannie,” sê sy.

Buite rev ’n kar. Christo van Staden parkeer sy blou Opel langs Irene se huis.

“Tommy, Tooo-my!” skree hy. Dan klim Christo uit.

“Ons moet gaan werk, ek hoop Tommy het die kar gehoor,” sê hy terwyl hy staar na ’n kar wat op bakstene staan. Dit is Nicky se ouer broer, Martin, se kar. Hy doen die enjin oor.

“Dis hartseer as ’n man se kar so in die lug staan,” terg Christo hom.

“Dis hartseer as hy glad nie meer daar f****n staan nie,” kap Martin terug.

Die kinders stap hek toe om die munisipale bus te haal.

Een van Irene se kleinkinders, Cherise Breedt (5), dra ’n pienk jassie en het ’n pienk rugsakkie op haar rug. Sy soek haar huiswerkboek en kou aan haar kra­gie. “Moenie jou klere eet nie,” sê Irene vir haar.

“Waar is jou huiswerkboek?” vra Irene. “In die caravan, ouma” sê Cherise.

Dis vandag Irene se jongste seun, Raymond, se verjaardag. Hy word 13. Irene hoop om later vandag vir hom ’n koek te bak.

“Ek bak al my kinders se koeke. Ek het al ’n trok gebak en ’n Barbie-koek met pienk versiersuiker vir die rok. Die foto’s is almal op die pee-cee.”

Die res van Kroningspark word wakker. Die vure word weer aangesteek. Sommige mense kom met koppies om koffie en tee by Irene te kry.

Die son is nou uit, maar dis kouer as die vorige aand.

Socks Khumalo (26) staan teen die deur van sy houthuisie naby die wal van die dam. Hy is die enigste swart inwoner van Kroningspark. Hy verkies dit hier.

“Ek het al in townships gebly, maar ek hou nie van eKhasi-style nie. Almal is vriendelik en niemand gee my moeilikheid nie . . .  Niemand gee mekaar hier moeilikheid nie.”