Wednesday 28 November 2012

Franklin Mochadibane

Franklin Mochadibane by die Children of Fire huis in Auckland Park


Artikel deur Janice Keogh wat in Beeld verskyn het.

’n Seun van Soweto wat ongeveer ’n maand lank in Kaapstad was om brandletsels aan die regterkant van sy gesig te laat opereer, kan nie wag om sy nuwe gesig vir sy ma en tante te wys nie.

Net soos Pippie Kruger (3) het Franklin Mochadibane ook met vuuraansteekjel gebrand.

Franklin (nou 19) was 12 toe hy een oggend voor skool ’n bottel van dié jel oopgemaak en dit oor die regterkant van sy gesig, sy regteroor en regterarm en borskas ontplof het.

Franklin sê in die deel van Soweto waar hy grootgeword het, het almal vuuraansteekjel as goedkoop alternatief vir paraffien gebruik.

“Ons moet meer mense vertel van die jel. Ons vertel hulle nie genoeg van die gevare daarvan nie,” het hy gesê.

Prof. Don Hudson en dr. Shaun Moodley het oor ’n tydperk van drie weke in die Grootte Schuur-hospitaal die opgehewe letsels aan Franklin se gesig verwyder, Pentac (tydelike vel) op die wond gesit en later ’n dun lagie vel bo-op sy kop gevat en dit oor die wond gesit. 

Sy hare het teruggegroei en geen letsel kan bo-op sy kop gesien word nie.

Die merke aan sy gesig is nog baie rou, maar reeds aansienlik minder opgehewe as voor die operasie.

Hy sê dit behoort later net soos die gladde brandmerke aan sy regterarm te lyk.

Franklin sê dit was voor die operasie baie sleg om in ’n winkelsentrum te stap en te sien hoe mense staar en agter hul hande fluister. Hy is baie gelukkig oor hoe sy gesig nou lyk.

By Beeld se besoek aan die Children of Fire-huis in Auckland Park, Johannesburg, het Franklin wetenskap sit en leer vir sy gr. 11-eksamen. 

Hy het weens sy beserings en die gevolglike lewensomstandighede agtergeraak met sy studie en is nou ’n leerling aan die Jabulani Technical School in Soweto.

Ná skool sal hy graag wil studeer om ’n lugvaartingenieur te word. 



http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/Eks-nou-gelukkig-20121121

Friday 23 November 2012

Best from the last couple of weeks



Ashley Greene on her visit to South Africa to promote the last edition of the Twilight saga.





The funeral of the murdered Ds. Willem Brits of Harrismith. His own adopted sun Martin Brits stands accused of his murder. 

 Two of his other children saying their last goodbyes.



The Police in Meadowlands Soweto pounced on these seven men who are allegedly part of a gang that targets cash in transit vehicles. 






Eugene Martin who played the role of Neelsie in the South African sitcom Orkney Snork Nie 




One of the many old people in Johannesburg who is battling to cope with rising expenses in the current economic climate.
On this photo is Marie Barnard (74) 



Thursday 1 November 2012

Zombies walking the streets of Johannesburg


















Zombie Walk

The 6th Annual Zombie walk was held yesterday in Johannesburg. The Zombies creeped their way from West Park Cemetery to Melville. The zombie walk was held to raise money for the Marang House. They provide medical care for ill children.

Gaan kyk die video deur Debree Kluge op Beeld se website http://www.beeld.com/Suid-Afrika/Nuus/VIDEO-Zombieland-20121031