Saturday 29 October 2011

Oom Piet Malan die oudste lewende Springbok



Oom Piet Malan die oudste lewende Springbok. Oom Malan het vir die destydse Transvaal gespeel wat vandag die Leeus is.

Julius Malema marches to Pretoria from Johannesburg















Murderers and Rapists


JACO STEYN DIE VERMEENDE "SONDAG-VERKRAGTER" 





DIE TWEE FOTOS HIERBO

Mnr. Jaco Steyn (35), die selferkende Sondag-verkragter, skram weg vir die kameras tydens sy eerste hofverskyning die 17de Oktober 2011 in die Krugersdorp-streekhof. Steyn (35) het ’n bekentenis voor ’n landdros afgelê dat hy nie net Louise verkrag en vermoor het nie, maar ook al die misdade gepleeg het wat hom as die “Sondag-verkragter” gebrandmerk het. Daar is 13 verkragtingsaanklagte, 10 van ontvoering, ses klagtes van seksuele aanranding en waarskynlik ook aanklag van moord wat met Lazanne Farmer (14) se dood verband hou teen hom.



HENTIE KOCH



DIE DRIE FOTOS HIERBO

Henty Koch, wat haar man laat vermoor het,  by haar vonnisoplegging in die hooggeregshof in Johannesburg. Sy is tot 25 jaar tronkstraf gevonnis. Henty Laetitia Koch (50) het mnr. Bernard (Smiley) Koch op 23 Februarie 2008 op hul hoewe laat vermoor. Hy is 14 keer in die bors, arms en rug gesteek. Koch het Linwell Strauss (24) R7 000 vir die moord op haar man betaal. Hy is in Augustus verlede jaar tot 22 jaar tronkstraf gevonnis. Koch is skuldig bevind op twee aanklagte van aanhitsing om moord te pleeg en een elk van moord en regsverydeling. Sy het skuld beken. 



Shavhani Lazzy Phophi, die Muldersdrift-reeksverkragter




DIE DRIE FOTOS HIERBO

Shavhani Lazzy Phophi, die Muldersdrift-reeksverkragter, tydens sy vonnisoplegging in die Krugersdorpse streekhof.
Die Muldersdrift-reeksverkragter is in die Krugersdorpse streekhof tot dubbele lewenslange tronkstraf plus nog 55 jaar gevonnis. Shavhani Lazzy Phophi (33) het vyf vroue en ’n minderjarige meisie verkrag. Phophi, wat beweer het hy is ’n mansprostituut, het skuld beken op ses aanklagte van verkragting, drie van roof met verswarende omstandighede en twee van diefstal. Hy is twee maande gelede skuldig bevind.
Phophi het ’n meisie (toe 7) in Mei 2006 onderweg na haar skool in Nooitgedacht met ’n mes aangehou, in die bosse ingesleep en verkrag. In Junie 2009 het hy ’n 38-jarige vrou van Tembisa met die belofte van werk gelok nadat sy ’n werksoek-advertensie in ’n koerant laat plaas het. Daarna het Phophi drie vroue, almal tussen 24 en 36 jaar oud, ook met werkaanbiedinge gelok en verkrag. Hy is op 2 Junie verlede jaar vasgetrek in ’n mobiele toilet in Kaya Sands, noordwes van Johannesburg.



DIe moordenaars van Mnr. Loffie Van Der Gryp


Ná ’n verhoor van sowat drie maande het regter Philip Hattingh in die hooggeregshof in Johannesburg bevind Dumisane Ncebesha (23), Joe Joseph Mashala (22) en George Thulani Mahlalela (28) is skuldig aan die moord op Van der Gryp, poging tot moord op mnr. Marthinus Jacobus Booysen, sy buurman wat hom probeer help het, roof met verswarende omstandighede en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.


Mnr. Karlito Macamo (29, HY SIT HEEL LINKS), die vierde beskuldigde wat twee jaar by die Van der Gryps se melkery op hul plaas by Sterkfontein aan die Wes-Rand gewerk het, is vrygespreek op alle aanklagte teen hom.




Christiaan Frans Vermaak




DIE DRIE FOTOS HIERBO

“Dit is nie maklik om saam te leef met wat ek gedoen het nie. Ek vra om vergifnis en weet wat ek gedoen het, was nie reg nie. Ek weet ek moet gestraf word so­dat ek vrede kan kry,” het die moordenaar van ’n vrou gister tranerig gesê nadat hy tot lewenslange tronkstraf gevonnis is. 


Christiaan Frans Vermaak (40) het me. Elizabeth Hendrina (Riana) Minnie (42) “koel, berekenend” vermoor en “fyn, berekende stappe gevolg om haar dood te verdoesel en in die proses aan niemand as homself gedink nie”, het regter Fritz van Oosten gister in die hooggeregshof in Johannesburg gesê.


Vermaak het ook ses jaar tronkstraf gekry op aanklag van die diefstal van Minnie se besittings, onder meer haar Hyundai Getz-motor, skootrekenaar en selfoon. 



Wednesday 26 October 2011

Die "Slag van Schubart Park"

21 September 2011 en die bom bars uiteindelik oor die kopseer wat Schubart Park nou al vir n geruime tyd is. Ek het gehoor van die moontlike probleme wat kan uitbreek na die inwoners die stadsraaad tot 14:30 die middag gegee het om hulle krag en water aan te laat skakel. Hulle water en krag was op daai stadium al vir 2 weke afgesny. Ek het eers die aand na werk deurgegaan Pretoria toe en die foto hierbo en die twee onder wys die omvang van die situasie waarmee ek begroet was. Lekker vet pret soos ons sal sê.

Polisie en metrolede skiet rubber koeëls op na die gebou om die inwoners wat binne is te verhoed om bottels en klippe te gooi wat lede van die polisie, nooddienste en media kan beseer.

Ek en mede fotograaf, Craig Nieuwenhuizen, het n kort ent agter die polisie gestaan toe n bottel uit nêrens langs ons val, ons besluit toe om terug te beweeg en staan toe teen die muur oorkant die pad, dinkende ons is veilig. Die volgende oomblik tref n bottel vir Craig skramps teen sy maag en bars teen die muur. Effens naby is nie die woord nie. Needles to say skuif ons toe nog verder terug. Eers n rukkkie later sink die gedagte by ons in dat n bottel van daai hoogte af jou skedel 'n lelike duik sal gee, en dat jy die wêreld sal groet en eers weer kennis maak met die geliefdes en vriende in die volgende lewe.

Lede van die metro hardloop uit die gebou met kinders in hulle arms. Daar was blykbaar talle kinders wat op hulle eie in van die woonstelle was, terwyl hulle ouers onder op die straat gestaan het. Die metro lede het toe onder "cover fire" die gebou ingehardloop en na die kinders gaan soek, dit het n groot deel van die aand aangehou. Die ouers het darem die vloer asook woonstel nommers gegee.

Mense word gearesteer op die 10de vloer van Schubart Park.

Ons word as koerantfotograwe gereeld gevra hoekom ons doen wat ons doen? Wel die aand was een van die redes. Adrenalien en die feit dat jy jouself op gevaarlike plekke bevind of sit, hang af hoe jy daarna kyk of wag eerder jou beter helfte daarna kyk, en die elke dag nuwe dinge, plekke en mense sien en ervarings hê maak ons werk darem ok, hehe. Daars ook natuurlik die bewusmaking, want sonder die fotos wat ons kry sal mense nie regtig verstaan wat op n gegewe oomblik op n plek gebeur nie, ek bedoel woorde vertel  net soveel maar fotos soveel meer.

Vroër die aand het van die fotograwe saam die polisie die gebou ingehardloop opsoek na kinders en verdagtes. Ek was nie heeltemal seker  of ek wou nie, of wag my voete sou kon kry om in die rigting van die gebou te beweeg nie, want nr 1 dis pik donker daar binne en daar was ook gerugte dat daar onwettige wapens daarbinne was. Soos dinge toe uitdraai en voor ek myself kon vind is ek en nog twee fotograwe, onder "cover fire" saam die n polisie en brandweerman die gebou in. Ja!! instinct what a bitch!! Soos n skaap agterna gaan ek!!

My hard klop in my keel terwyl ons om die hoek loop en hulle vir ons skree "bly onder die dak hulle gooi shit van bo af". Eers soek ons die ingang na die trappe aangesien die huisbakke nie meer werk nie, ek wonder hoekom nie? mmmmmm, seker omdat hulle die kabels gesteel het, nee regtig. Maar nou ja by die ingang van die trappe kyk ek in en sien dis so donker dat die duiwel sal ontuis voel, en die reuk sal ek sukkel om in woorde te beskryf.  

Die eerste 3 vloere op en ek voel nog ok, nog nie dood nie en darem ook nog nie deur n petrolbom verskroei wat volgens my kop enige oomblik deur die donker gat van duisternis wat die deur na elke vloer se gang is gegooi gaan word nie. Mal ek weet, maar hy!!!! Klim jy 'n donker (en met donker bedoel ek donker, as dit nie vir die klein flitsligie was wat die polisieman voor ons vasgehou het nie sou jy regtig nie jou hand voor jou gesig kon sien nie.) stel trappe, waar daar ook nie vensters is nie, na 'n vloer waar jy nie weet wat jy gaan kry nie. Al idee van wat aangaan om ons is die " sounds of silence" saam die stemme wat elke nou en dan uit die duister kom as ons by een van die vloere se oop deure verbygaan. Op gaan ons op benoud of nie, en ek jok nie as ek die sê nie, ek was bang, vir die eerste keer in 'n lang tyd was ek bang. hehehe. Soos 'n wyse vreemdeling vir my eendag gesê het, dis nie 'n skande om bang te wees nie, maar hoe jy optree in jou vrees is wat saak maak. Wel iets soos dit.  Ag wel die vrees het ook vinnig verby gegaan toe iets baie belangriker my opval, hoe gaan ek 'n foto geneem kry in die duistenis. Want as daar een ding is wat 'n fotograaf bang maak is dit om terug te kom sonder n foto.

Op die tiende vloer gekom sluit ons aan by 'n groter groep polisiemanne wat, soos die foto hierbo ilustreer) 'n groep mans gearresteer het. In een van die kamers is ook n groep vroue met klein kinders gekry.
Die groep mans wat gearesteer is oppad af.

Van die vrouens en kinders oppad ondertoe. Soos julle kan sien moes ek full flash geskiet het anders souo mens niks kon sien nie.


Op die twee fotos hierbo kan mens die verdagtes sien oppad af uit die gebou uit. Let op die kerswas wat op hulle arms is, dit was blykbaar sodat die polisie hulle kan identifiseer sou hulle wou ontsnap.

Een van die moë metrolede met 'n kind oppad uit na die straat toe.

Van die kinders wat nog nie deur hulle ouers kom haal is nie, deur die aand het daar talle kinders onder die wakende oë van metrolede gestaan en wag vir hulle ouers.

Ek en die Beeld verslaggewer Gerhard Pretroius was to omstreeks 2:30 die aand by Schubart Park en die volgende oggend was die situasie veel rustiger. Al probleem was die groot groep inwoners wat toegang tot die gebou geweier was deur die nag en saam op straat moes slaap.

Van die groepe mense met hulle kinders wat die hele aand buite moes slaap en steeds toegang geweier is tot die gebou.

Later die dag is ons weer saam die polisie en metro die gebou binne opsoek na wapens en kwaaddoeners. Veiligheidshekke is afgebreek en deure is oopgeskop in die soektog. Terwyl ek saam hulle was het ons net een vuurwapen gekry en n paar mense wat in die woonstelle bly. Dis nogals interessant gewees om te sien hoe die woonstelle lyk. Sekere woonstelle was mooi gemeubeleerd terwyl ander soos n boemelaar se lêplek gelyk het.

Lede van die metro deursoek inwoners van een van die woonstelle.

'n Siekman word uit die gebou ontruim. Hy was op een van die vloere alleen in 'n woonstel gekry.

So het die slag van Schubart Park afgeloop met die inwoners wat uitgesit is weens die onveiligheid van die gebou. Sekere inwoners is ook later geskuif na alternatiewe behuising.

Friday 14 October 2011

Brand by 39 Davies straat, Johannesburg 13-10-2011










Semper paratus (Altyd gereed), die leuse van die brandweer.

Soms dink ek dit kon 'n interessante werk gewees het om n brandweerman te wees, al die adrenalien en opwinding, maar dan besef ek net, my job is glad nie te kak nie, HAHAHAHA. 

Ek dink ons leuse vir koerantfotograwe moet wees , hurry up and wait. hehehe just a thought.


Wednesday 12 October 2011

Diens lewerings optog Thembelihle 05-09-2011













Thembelihle was my eerste dienslewrings betoging gewees. Met die intrap slag het dit klippe gereën en het die reuk van gebrande bande en biskruit in jou neus vasgesteek. Die polisie het aanhoudend rubber koëls geskiet om die betogers terug te hou van die kruising af (die kruising is een van die hoofpaaie in Lenasia en die betogers het dit probeer blokeer). Van Gooi kan jy daai jong knape ook niks vertel nie. Dis soos om na Dale Steyn op die grens tou te kyk.
Elke nou en dan moes jy koes of n klip tref jou teen die kop.

Die situasie het begin angstig raak omdat nie die polisie of die betogers wou ingee nie, eers met die aankoms van versterkings aan die polisie se kant het dit begin draai en lyk asof dinge rustiger gaan raak. Wel so rustig soos n dienslewerings optog kan raak.

Die polisie het eers op tye in van die klein sy-straatjies opgehardloop terwyl die Nyala voertuig die mense terug gedryf het. So het hulle probeer om die belhammels in die hande te kry en de betogers op te breek.

Na vele probeer slae het dit begin lyk of dit werk en is ons ('n paar fotograwe en polisielede) thembelihle se straatjies in. Van terugval wou die betogers ook niks weet nie en is ons seker drie keer teruggedryf voor ons dieper kon in. Die volgende oomblik hoor ek net "PASOP" en 'n dik ysterpyp gaan naelskraap tussen my en n mede fotograaf verby. Die pyp is blykbaar oor die huise se dakke in ons rigting gegooi. 'n Halwe tree vinniger of stadiger en ek of my mede fotgraaf het nie meer n kop gehad nie. Verder aan met die polisie wat elke nou en dan traan gas skiet om die groepies mense uit mekaar te jag begin die sports.

Op 'n stadium bevind ons groep ons self op n kruising met groepe mense voor en na albei kante van ons, wat besig is om klippe in ons rigting te gooi. Dis toe dat die polisie in ons groep die oproep kry wat se ons moet uit kom die groter groep het weer op die kruising bymekaar begin kom en ons gaan vasgekeer raak. Wel "needless to say" is ons teen n drafstapie daar uit met klippe wat ons aanjaag. Dis toe dat die konstabel aan my regterkant die oneglukke wenner van n halwe baksteen teen die kop is. Val!! nee wat, die man bly toe staan met bloed wat teen sy gesig afloop, en die die liedtjie, eye of the tiger se woorde duik by my op, hehehe, ok wel meer die gedagte van n bokser wat nie n glaskakbeen het nie.

Weer in die hoofpad en oppad na veiligheid word ons skielik bestook met ketties van agter en uit elke systraatjie uit. Wat dit interessant maak is die feit dat mens die klippe hoor maar nie sien nie. Die is toe ook waar ek een teen die elmboog kry, juis omdat ek nie na my mede fotogrraaf geluister het wat my gewaarsku het ek moet kyk nie.

Maar nou ja so loop die hele betoging se dag 1 aan n einde met nog 4 dae se blaf sonder byt in Thembelihle. (Ek vrae solank omverskoning vir die spelfoute, ek neem net fotos en skryf nie graag nie)